Skip to content

Kortom

Potgooi

Kortom

’n Program waarin kortverhale voorgelees word

Kortom 18 Augustus 2026

Kortom 18 Augustus 2026

Kategorie: Kortom2026-08-18

Audrey Blignault deel in haar kortverhaal, ‘N RYSTOEL MET ROOI ROSE, die ervaringe van ‘n jong dogter wat vir die eerste keer in haar lewe sal weet hoe dit voel as oupa en ouma saam in die ouerhuis kom bly. Die voorleser is Bertha Le Roux-Wahl.

Kortom 11 Augustus 2026

Kortom 11 Augustus 2026

Kategorie: Kortom2026-08-11

Dean Balie lees Pieter van Wyk se kortverhaal, TUSSEN TWEE VURE, oor ervarings as ‘n jong polisieman in ‘n veranderende Suid-Afrika.

Kortom 4 Augustus 2026

Kortom 4 Augustus 2026

Kategorie: Kortom2026-08-04

Abraham H. De Vries vertel in sy kortverhaal, DIT WAS ‘N VOORGEVOEL, van twee boeties wat vir jare lank nie met mekaar gepraat het nie, maar wel tog op die punt staan om dalk vrede te maak, weens nuus wat hulle ontvang het. Die voorleser is Philru van Achterbergh.

Kortom 28 Julie 2026

Kortom 28 Julie 2026

Kategorie: Kortom2026-07-28

Richard van der Westhuizen lees Jan Horn se twee kortverhale, ’N KAR HET KARAKTER en TOTSIENS MY SKATTEBOL, uit sy aweregse bundel, STORIES IN DIE WAAIGRAS.

Kortom 21 Julie 2026

Kortom 21 Julie 2026

Kategorie: Kortom2026-07-21

Elsabe de Jager deel in haar kortverhaal, ‘N HOND SE HART, die ervaringe van ’n emigrant, en hoe so ‘n skuif ‘n dame en haar hele gesin vir altyd beïnvloed. Die voorleser is Sue Pyler-Slabbert.

Kortom 14 Julie 2026

Kortom 14 Julie 2026

Kategorie: Kortom2026-07-14

Richard van der Westhuizen lees drie van Jan Horn se kortverhale voor, en vertolk as’t ware die rol van Jan Horn. Hy word met ‘n stofsuier gekonfronteer in DIE KIRBY; die Minister van “It is Forbidden” stem hom tot nadenke oor aaptwak in EN JY MAG NIE; en in DIE WHEATSTONE probeer ‘n konsertina bespeel tot groot ontstigting en onsteltenis van sy geliefde honde.