Kortom 6 Oktober 2026
Dean Balie lees oud-polisieman en skrywer Piet van Wyk se kortverhaal, OPROEP NA SOWETO, voor.
Dean Balie lees oud-polisieman en skrywer Piet van Wyk se kortverhaal, OPROEP NA SOWETO, voor.
Stanley Cierenberg vertel in sy kortverhaal, ZETTIE EN DIE TENTROK, hoe ‘n dame ‘n man moes help wegkruip vir sy kwaai vrou. Die voorleser is Johny Klein.
Kaptein André Stander het van binne die polisie, glo uit verveeldheid met sy werk, begin banke beroof. Dean Balie lees oudpolisieman en skrywer Piet van Wyk se kortverhaal, ANDRÉ STANDER GOOI ’N KAROODRAAI, voor. Jy sal jou ore nie glo nie hoe Stander deur die net geglip het.
Abraham H. De Vries vertel in sy kortverhaal, DIE ROOI VAAS, van ‘n jong dame wat baie waarde heg aan ‘n vaas wat aan haar tante behoort. Stukkie vir stukkie ontdek sy ook die geskiedenis van die vaas. Die voorleser is Lizelle Pike.
Dean Balie deel die oudpolisieman en skrywer, Piet van Wyk, se ervaring van sy vriend Carlos met ons in die kortverhaal, CARLOS. Kayle Farmer lee die gedig, VURE, voor.
Nellie Alberts skryf in die kortverhaal, ELKE HOND KRY SY DAG, van ‘n tienerseun wat ‘n afgetrede polisiehond aanneem, en die avonture waarop hulle gaan. Die voorleser is Armand Martins.