Skip to content

Leefwêreld van die Gestremde

Potgooi

Leefwêreld van die Gestremde

Deur middel van hierdie radioprogram poog RSG om nie-gestremdes 'n beter begrip te gee van die probleme en suksesse van persone met gestremdhede.

Leefwêreld van die gestremde: Arbeidsmark-uitdagings met MS; Spastiese kwadrupleeg

Leefwêreld van die gestremde: Arbeidsmark-uitdagings met MS; Spastiese kwadrupleeg

Kategorie: Leefwêreld van die Gestremde2026-10-18

18 Oktober 2026: Ons kyk na die uitdagings in die arbeidsmark vir mense met meervoudige sklerose. Elanza Jordaan is ‘n spastiese kwadrupleeg. Sy is ’n onderwyser, en Afrikakampioen in bocha. Sy het Suid-Afrika in 2024 by die Paralimpiese Spele in Parys verteenwoordig.

Leefwêreld van die gestremde: Serebrale gestremdheid

Leefwêreld van die gestremde: Serebrale gestremdheid

Kategorie: Leefwêreld van die Gestremde2026-10-11

11 Oktober 2026: Serebrale gestremdheid is lewensveranderend. Daar is ‘n platform waar mense wat met serebrale gestremdheid leef, hulle uitdagings met eweknieë kan bespreek. Die 48-jarige Julius van der Wat vertel hoe tegnologie, sy ma, broers en ‘n helper hom help om voltuit metr serebrale gestremdheid te leef. Hy het al Suid-Afrika internasionaal op die sportveld verteenwoordig, en dien op ‘n kerkraad, selfs op sinodale vlak.

Leefwêreld van die gestremde: Paralimpiese swemmer; Downsindroom-maand

Leefwêreld van die gestremde: Paralimpiese swemmer; Downsindroom-maand

Kategorie: Leefwêreld van die Gestremde2026-10-04

4 Oktober 2026: Adri Visser is liggaamlik erg gestremd. Sy vertel van haar prestasies as Paralimpiese swemmer en hoe sy al die uitdagings oorkom het. Sy gee raad wat Suid-Afrika kan doen om jong atlete met gestremdhede beter te kan ondersteun. Oktober is Downsindroom Bewusmakingsmaand. Dis ‘n tyd waarin ons fokus op die begrip, aanvaarding en insluiting van mense met Downsindroom.

Leefwêreld van die gestremde: Stryders vir toeganklikheid inspireer ná eie terugslae

Leefwêreld van die gestremde: Stryders vir toeganklikheid inspireer ná eie terugslae

Kategorie: Leefwêreld van die Gestremde2026-09-27

27 September 2026: Adri Visser is ‘n ware inspirasie. Sy is liggaamlik erg gestremd, maar leef voluit. Haar lewenslus en houding is prysenswaardig, en sy werk hard om die lewe van ander met gestremdhede te vergemaklik. Nathan Green se middeljare het onomkeerbaar verander ná ‘n hartaanval. Hy is deesdae ‘n kampvegter en voorstaander vir toeganklikheid vir mense wat leef met gestremdhede. Sy lewensdoel is om openbare plekke en vakansieplekke oor toeganklikheid te sensitiseer. Hy wil ook gestremdes inspireer om toeriste te word.

Leefwêreld van die gestremde: Neurovisie-rehabilitasie; Gids- en dienshonde

Leefwêreld van die gestremde: Neurovisie-rehabilitasie; Gids- en dienshonde

Kategorie: Leefwêreld van die Gestremde2026-09-20

20 September 2026: Wat behels neurovisie-rehabilitasie? Wie kan daarby baat vind? Die Suid-Afrikaanse Gidshondvereniging doen al vir langer as 70 jaar diens om gidshonde op te lei. Deesdae lei hulle ook dienshonde en ondersteuningshonde op vir mense wat sekere siektes het, en vir kinders met outisme.

Leefwêreld van die gestremde: Impak van sigverlies; Doofheid-bewusmakingsmaand

Leefwêreld van die gestremde: Impak van sigverlies; Doofheid-bewusmakingsmaand

Kategorie: Leefwêreld van die Gestremde2026-09-13

13 September 2026: ‘n Oogkundige vertel van die groot impak wat sigverlies op die mens se algemene funksionering het. September is Doofheid-bewusmakingsmaand.