Skip to content

Leefwêreld van die Gestremde

Potgooi

Leefwêreld van die Gestremde

Deur middel van hierdie radioprogram poog RSG om nie-gestremdes 'n beter begrip te gee van die probleme en suksesse van persone met gestremdhede.

Leefwêreld van die gestremde: Gehoorbewusmakingsmaand; Wanda Bam

Leefwêreld van die gestremde: Gehoorbewusmakingsmaand; Wanda Bam

Kategorie: Leefwêreld van die Gestremde2026-09-06

6 September 2026: September word gewy aan bewusmaking en interaksie met mense wat leef met gehooruitdagings. Wanda Bam, ’n skrywer en lewensafrigter, vertel van persoonlike trauma, hoe sy dit verwerk het, en deel idees oor geestesgesondheid en selfdissipline.

Leefwêreld van die gestremde: Innovation for the Blind vier 145 jaar

Leefwêreld van die gestremde: Innovation for the Blind vier 145 jaar

Kategorie: Leefwêreld van die Gestremde2026-08-30

30 Augustus 2026: Innovation for the Blind vier vanjaar sy 145ste bestaansjaar! Stephne Botha vertel hoe dié organisasie steeds relevant bly. ’n Luisteraar vra: Hoe kan ek seker maak dat ek nie aan die beginstadium van demensie is nie?

Leefwêreld van die gestremde: Christelle Taute se pad met MS

Leefwêreld van die gestremde: Christelle Taute se pad met MS

Kategorie: Leefwêreld van die Gestremde2026-08-23

23 Augustus 2026: Ons besoek die leefwêreld van Christelle Taute, wat al vir 29 jaar saamleef met meervoudige sklerose. ‘n Onderwyseres van TransOranje Skool vir Dowes vertel van die eerste skool wat jare gelede in die noorde vir kinders met doofheid begin is.

Leefwêreld van die gestremde: Fasiliteit om gestremdes met vakmanmvaardighede te help

Leefwêreld van die gestremde: Fasiliteit om gestremdes met vakmanmvaardighede te help

Kategorie: Leefwêreld van die Gestremde2026-08-16

16 Augustus 2026: ‘n Ruimtefasiliteit (immersive room) is ‘n waardevolle apparaat om mense met gestremdhede met vakmanvaardighede te help. Het jy geweet kinders van so jonk as 2 jaar oud is al met Alzheimers gediagnoseer? Dis ‘n rare verskysel, maar geestesongesteldhede is ‘n hoogs komplekse toestand wat verreikende gevolge kan inhou. Navorsers is dit eens dat genetika ‘n belangrike aspek in die toestand is.

Leefwêreld van die gestremde: Marinda se pad met Alzheimers

Leefwêreld van die gestremde: Marinda se pad met Alzheimers

Kategorie: Leefwêreld van die Gestremde2026-08-09

9 Augustus 2026: Is daar beperkings op die gebruik van kontaklense? Kan oogoefeninge kinders se sig verbeter? Sy is 16 jaar gelede met Alzheimers gediagnoseer. Sy bly op haar eie, en maak self belangrike besluite. Sy gesels oor uitsluiting en haar daaglikse breinoefeninge. Sy staan net bekend as Marinda. Sy deel haar reis met Alzheimers.

Leefwêreld van die gestremde: Die emosionele kant van gestremdheid; Die lewe ná amputasie

Leefwêreld van die gestremde: Die emosionele kant van gestremdheid; Die lewe ná amputasie

Kategorie: Leefwêreld van die Gestremde2026-08-02

2 Augustus 2026: Hoe hanteer mens die emosionele kant van gestremdheid? Gehoorverlies, hoe gering ookal, beïnvloed hoe ons onsself laat geld. Ons kry praktiese raad oor hoe om selfgeldend op te tree. Die 63 jarige Mark Harris bevind homself in ‘n rolstoel ná amputering van altwee sy bene a.g.v. diabetes. Hy vertel van sy frustrasie om weer in die arbeidsmark opgeneem te word.