KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 26
Marnus is ingenome met die nuwe reklameborde wat Lienkie vir Neelsie gemaak het, en maak haar ‘n aanbod, maar hy stel sekere voorwaardes
Marnus is ingenome met die nuwe reklameborde wat Lienkie vir Neelsie gemaak het, en maak haar ‘n aanbod, maar hy stel sekere voorwaardes
Die koffieplek, Neelsie, open uiteindelik, en die hele kloof is daar om die inwyding by te woon. Xander is egter nie so ingenome met die sukses van die opening nie.
Dit lyk of daar besig is om iets te ontwikkel tussen Marnus en Elzebet, en Mawiet is bekommerd. Sy vertrou Marnus net so ver sy hom kan sien. En hulle het nog nie eers behoorlik ontmoet nie.
Shaun is so getraumatiseerd deur die aanval, dat hy nie alles wat gebeur het behoorlik onthou nie. Hy vlug terug Johannesburg toe, en laat meer vrae as antwoorde.
Shaun is aangerand en die inwoners probeer bepaal wie daarvoor verantwoordelik is. Marnus verdink vir Xander vir die geweld.
Shaun vertel vir Neels dat sy ma sy pa vir ‘n egskeiding gedagvaar het, en nou met die helfte van sy besittings wegloop, onder andere die helfte van sy landgoed.