Skip to content

Middagvervolgverhaal

Potgooi

Middagvervolgverhaal

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie – Episode 53

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 53

Kategorie: Middagvervolgverhaal2026-09-07

Frans dreig vir Moolman, wat in reaksie vir Louw Visagie bel om hom te kom haal. Rachel het nie meer geld vir die hotelkamer waar sy en Pieter wegkruip nie, en besluit om terug te gaan na Moolman toe. Sannie vertel vir Frans sy wil vir alkoholverslawing-rehabilitasie gaan.

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie – Episode 52

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 52

Kategorie: Middagvervolgverhaal2026-09-04

Klets merk dat Pieter nie die vorige aand in sy kamer geslaap het nie, en is bekommerd oor hom. Louw besoek vir Moolman by die nagklub om uit te vind of hy weet waar Rachel haar bevind.

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie – Episode 51

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 51

Kategorie: Middagvervolgverhaal2026-09-03

Klets vertel vir Louw Visagie dat Moolman vir Rachel kom soek het. Frans is bekommerd oor Sannie wat al meer teruggetrokke raak, en is bang sy drink weer skelm. Rachel bel vir Pieter uit die bloute.

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie – Episode 50

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 50

Kategorie: Middagvervolgverhaal2026-09-02

Klets en Sannie loop die akteur raak by die supermark, en Sannie nooi hom na Pieter se verjaarsdagpartytjie. Pieter vertel vir Frans dat Rachel by hom was en ‘n blou oog het nadat Moolman haar geslaan het. Moolman daag onverwags op by Pieter se verjaardag en soek vir Rachel.

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie – Episode 49

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 49

Kategorie: Middagvervolgverhaal2026-09-01

Moolman wil sy geld terughê ná die fiasko by die rampartytjie. Rachel daag in die middel van die nag by Pieter op met ‘n blou oog nadat sy en Moolman rusie gehad het. Sannie besluit om terug te gaan.

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie – Episode 48

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 48

Kategorie: Middagvervolgverhaal2026-08-31

Moolman wil hê Rachel moet gaan dans by ‘n rampartytjie, maar sy weier. Frans besoek vir Sannie by die plek vir haweloses en smeek haar om huis toe te kom. Sannie aanvaar Gerda se aanbod om tydelik by haar te gaan woon.