Skip to content

Naweekaktueel

Potgooi

Naweekaktueel

Die aktualiteitsprogram met ‘n verskil. Dis ‘n program vir die naweekmens…die soort mens wat in sy omgewing belangstel, wat wil wegbreek en die wiele laat rol of sommer net ‘n bietjie anders na die lewe kyk.

Naweekaktueel: Vereiste dat boere diere merk, maak opslae

Naweekaktueel: Vereiste dat boere diere merk, maak opslae

Kategorie: Naweekaktueel2026-10-24

24 Oktober 2026: Regulasies wat vereis dat boere hulle diere merk, maak opslae in landboukringe. Kiesers sal twee of drie stembriewe op 4 November kry. Die verband tussen geloof en menslike desperaatheid is onder die vergrootglas.

Motorrubriek: Ford Tourneo

Motorrubriek: Ford Tourneo

Kategorie: Naweekaktueel2026-10-17

Wessel Pretorius toetsry ‘n Ford Tourneo Custom Sport.

Naweekaktueel: Tshwane-metro loop deur onder kabeldiewe

Naweekaktueel: Tshwane-metro loop deur onder kabeldiewe

Kategorie: Naweekaktueel2026-10-17

17 Oktober 2026: Slegs 1,5% van DNS-bewyse word binne 30 dae by polisie-laboratoriums verwerk. Die Tshwane-metro loop deur onder kabeldiewe, terwyl ‘n burgerregte groep aanbied om kragsubstasies te beveilig. Ons praat met die nuwe beskermpersone van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

Naweekaktueel: Bendegeweld in die Wes-Kaap, en pogings om gemeenskappe te red

Naweekaktueel: Bendegeweld in die Wes-Kaap, en pogings om gemeenskappe te red

Kategorie: Naweekaktueel2026-10-10

10 Oktober 2026: Ons plaas die kollig op bendegeweld in die Wes-Kaap, en pogings om gemeenskappe en kinders te red. ‘n Ma praat oor die dood van haar twee seuns weens bendegeweld. Woordfees 2026: ‘n fees van woorde, idees en onvergeetlike oomblikke, kom tot ‘n einde.

Naweekaktueel: Pessimisme oor Ramaphosa-plan om geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord te pak

Naweekaktueel: Pessimisme oor Ramaphosa-plan om geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord te pak

Kategorie: Naweekaktueel2026-10-03

3 Oktober 2026: Sewe jaar te laat… Dit is die gevoel oor President Ramaphosa se plan om geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord uit te wis. Waarna kan jy alles uitsien by die Toyota Stellenbosch Woordfees? Die Afrikaanse sang-ikoon, Amanda Strydom, praat met ons oor haar groei as mens en haar loopbaan van byna vyf dekades.

Motorrubriek: Renault Kiger Iconic

Motorrubriek: Renault Kiger Iconic

Kategorie: Naweekaktueel2026-09-26

Wessel Pretorius toetsry ‘n Renault Kiger Iconic outomaties.