Skip to content

Ons en die Onderwys

Potgooi

Ons en die Onderwys

Kenners praat oor opvoedingsontwikkeling en interessante en omstrede sake in die onderwys.

Ons en die onderwys 12 April 2026

Ons en die onderwys 12 April 2026

Kategorie: Ons en die Onderwys2026-04-12

Johan van Lill praat met dr. Juané van der Merwe-Mocke van Fedsas oor skooldrag en die toenemende spanning tussen tradisie, skooltrots en bekostigbaarheid. Die gesprek fokus op die werklike uitdagings wat ouers ervaar, die rol van verskaffers, en waarom skole dalk weer moet dink oor hoe besluite oor skooldrag geneem word.

Ons en die onderwys 5 April 2026

Ons en die onderwys 5 April 2026

Kategorie: Ons en die Onderwys2026-04-05

Johan van Lill praat met Celeste Labuschagne, ‘n voltydse onderwyskonsultant, en dosent en kurrikulumontwikkelaar by Belgium Campus IT Versity, oor die rol van kunsmatige intelligensie in die klaskamer, en die risiko dat leerders kan agterbly as ons nie betyds aanpas nie. Die gesprek fokus op die huidige onsekerheid oor beleid, die gaping tussen beplanning en implementering, en waarom begeleiding eerder as beheer die sleutel tot verantwoordelike KI-gebruik is.

Ons en die onderwys 29 Maart 2026

Ons en die onderwys 29 Maart 2026

Kategorie: Ons en die Onderwys2026-03-29

Johan van Lill praat met Rudi Cooke, besigheidsmarkspesialis by UXI Artisan Development, oor die rol van maatskappye in vaardigheidsonderwys en -ontwikkeling. Die gesprek fokus op waarom besighede ’n aktiewe rol moet speel in die opleiding van ’n werksgereed arbeidsmag, veral in ’n konteks van hoë jeugwerkloosheid.

Ons en die onderwys 22 Maart 2026

Ons en die onderwys 22 Maart 2026

Kategorie: Ons en die Onderwys2026-03-22

Johan van Lill praat met dr. Jurie Joubert oor lees as die sleutel tot leer, en waarom dit so ’n kritiese rol speel in elke leerder se akademiese sukses. Die gesprek fokus op waarom lees steeds ’n groot uitdaging in Suid-Afrikaanse skole is, veral wanneer leerders na hoërskool beweeg, en hoe dit prestasie op alle vakke beïnvloed. Daar word ook gekyk na praktiese maniere waarop skole en ouers leesvaardighede kan versterk.

Ons en die onderwys 15 Maart 2026

Ons en die onderwys 15 Maart 2026

Kategorie: Ons en die Onderwys2026-03-15

Johan van Lill praat met dr. Jaco Deacon, uitvoerende hoof van Fedsas, oor hoe skoolkwintiele in Suid-Afrika werk, en waarom dit ’n groot rol speel in die befondsing van openbare skole. Die gesprek verduidelik hoe skole ingedeel word, hoe dit met skoolgeld en staatsubsidies skakel, en waarom hierdie onderwerp gereeld in die nuus verskyn.

Ons en die onderwys 8 Maart 2026

Ons en die onderwys 8 Maart 2026

Kategorie: Ons en die Onderwys2026-03-08

Johan van Lill praat met onderwyskundige Gregory Marais oor leesontwikkeling in die intermediêre fase – die belangrike oorgang waar leerders beweeg van leer om te lees na lees om te leer. Die gesprek fokus op waarom baie leerders steeds met leesbegrip sukkel wanneer hulle reeds in graad 4, 5 en 6 is, en wat dit vir onderrig in alle vakke beteken.