Skip to content

RSG Landbou

Potgooi

RSG Landbou

'n Program vir boere dwarsoor die land.

RSG Landbou: Die stand van die varkvleisbedyf in SA

RSG Landbou: Die stand van die varkvleisbedyf in SA

Kategorie: RSG Landbou2026-09-21

21 September 2026: Het jy geweet dat 17 kommersiële varkplase in Suid-Afrika hierdie jaar bek-en-klouseer in hulle kuddes gehad het? Dr. Marlene Louw van die Suid-Afrikaanse Varkvleisprodusente-organisasie praat oor die stand van dié bedryf, biosekuriteit en innoverende maniere om varkvleis meer aantreklik vir die verbruiker te maak. Die Vereniging van Veevoervervaardigers het onlangs hulle bekende forum aangebied, en dr. Tobias Doyer van Graan SA het daar met ons gesels. Hy was deel van ‘n paneelbespreking wat gefokus het op globale seine wat ‘n impak op die plaaslike mark se wisselvalligheid en prestasie het.

RSG Landbou: Twee landbouministers

RSG Landbou: Twee landbouministers

Kategorie: RSG Landbou2026-09-19

19 September 2026: Ons praat met die minister van landbou in die Wes-Kaap, dr. Ivan Meyer, en nasionale minister van landbou, Willie Aucamp. Hulle praat oor tariefonderhandelings en die stand van sake met bek-en-klouseer.

RSG Landbou: Nampo Kaap 2026

RSG Landbou: Nampo Kaap 2026

Kategorie: RSG Landbou2026-09-18

18 September 2026: RSG Landbou saal af by Nampo Kaap op Bredasdorp, en gesels met die premier van die Wes-Kaap, Alan Winde, die hoof van die Departement Landbou Wes-Kaap, dr. Mogale Sebopetsa, die hoof van GraanSA, dr. Tobias Doyer, die hoof van AgriSA, Johann Kotzé, en die burgemeester van die Overberg Distriksmunisipaliteit, Sakkie Franken.

RSG Landbou: Brahman-bul vir R220 000 opgeveil

RSG Landbou: Brahman-bul vir R220 000 opgeveil

Kategorie: RSG Landbou2026-09-17

17 September 2026: Bykans 400 mense het die Brahman-beestelersgenootskap se nasionale veiling duskant Potchefstroom bygewoon. Een van Carla de Kock van Serfbred Brahmane se bulle het die hoogste prys van R220 000 behaal. Sy vertel wat dié bul so uniek maak. Produsente in die Wes-Kaap het die afgelope week se reën verwelkom, maar hoe lyk die vooruitsigte? Johan van den Berg is soos altyd op sy pos met weernuus, en Chris Derksen is terug met nuus oor vleispryse.

RSG Landbou: Pampoen wat 653 kg weeg; Rooivleisbedryf in N-Kaap

RSG Landbou: Pampoen wat 653 kg weeg; Rooivleisbedryf in N-Kaap

Kategorie: RSG Landbou2026-09-16

16 September 2026: Het jy al gehoor van ‘n pampoen wat 653 kg weeg? Wykus Lamprecht het dié reusepampoen op sy erf in Meyerton gekweek. Hy is die wenner van vanjaar se Goliat van Gat-pampoenkompetisie, en ons hoor wat dit behels om so ‘n produk te lewer. Hoe gaan dit met die rooivleisbedryf in die Noord-Kaap, en wat kan boere doen om hulleself in ’n beter posisie te plaas om die beste pryse moontlik vir hulle diere te kry? Ons het by die Agri Noord-Kaap-kongres met Yolandé Botha hieroor gesels. Aartappelproduksie in Limpopo is ook in die kollig met FP Coetzee van Aartappels SA.

RSG Landbou: Is boere veerkragtig genoeg om El Niño te hanteer?

RSG Landbou: Is boere veerkragtig genoeg om El Niño te hanteer?

Kategorie: RSG Landbou2026-09-15

15 September 2026: Landbou in die Noord-Kaap het ‘n goeie seisoen met bogemiddelde reënval agter die rug, en produsente pluk reeds die vrugte daarvan. Die vraag is egter of produsente veerkragtig genoeg is om die voorspelde El Niño-verskynsel te hanteer. Die Overberg Agri Herkouerdag het in Augustus by die Roodebloem Proefplaas naby Caledon plaasgevind. Winsgewende en volhoubare herkouerproduksie was die tema. Een van die sprekers, dr. Andy Hentzen van die Universiteit van Pretoria, het op skaapproduksie gefokus. Ons gesels met hom hieroor. Heinrich Victor vertel wat by die jongste wolveiling gebeur het.