Skip to content

Spektrum

Potgooi

Spektrum

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Spektrum: Ongeloof oor onderwysdepartement se R630 miljoen onderspandering

Spektrum: Ongeloof oor onderwysdepartement se R630 miljoen onderspandering

Kategorie: Spektrum2026-10-22

22 Oktober 2026: Ongeloof dat die nasionale onderwysdepartement R630 miljoen onderspandeer het. Ons praat met ‘n ekonoom oor hoe November se brandstofpryse behoort te lyk ná gister se verligting. Die Suid-Afrikaanse regering maak groot vordering in die hantering van sy skuldlas.

Spektrum: Oortree Gayton McKenzie verkiesingsgedragskode?

Spektrum: Oortree Gayton McKenzie verkiesingsgedragskode?

Kategorie: Spektrum2026-10-21

21 Oktober 2026: Oortree die PA se Gayton McKenzie die verkiesingsgedragskode? Motoriste hoop dat vanmiddag se minibegroting verligting by die brandstofpomp sal gee. Haai-aanvalle in die kollig ná gister se noodlottige voorval.

Spektrum: Ondersoek na beweerde versuim deur Tshwane-amptenare om chloor in drinkwater te gooi

Spektrum: Ondersoek na beweerde versuim deur Tshwane-amptenare om chloor in drinkwater te gooi

Kategorie: Spektrum2026-10-20

20 Oktober 2026: ‘n Ondersoek begin na die beweerde versuim deur Tshwane-amptenare om chloor in die drinkwater te gooi. Sowat 400 mense in Bronkhorstspruit het maagdermontsteking ontwikkel. ‘n Polisie-generaal verskyn in die hof op aanklagte van die onwettige besit van ammunisie. Moontlike verligting vir motoriste oor die hoë brandstofprys in môre se mini-begroting.

Spektrum: Vier nuwe gevalle van a-pokke in SA

Spektrum: Vier nuwe gevalle van a-pokke in SA

Kategorie: Spektrum2026-10-19

19 Oktober 2026: Oudpresident Thabo Mbeki beskryf die ooreenkomste wat tussen die ANC en die apartheidsregering bereik is as ‘n legkaart. Die nasionale polisiekommissaris, generaal Fannie Masemola, is terug op kantoor. Vier nuwe a-pokke-gevalle word in Suid-Afrika bevestig, wat die totaal sedert Januarie vanjaar op 26 te staan bring.

Spektrum: Kommer oor ernstige kinderwanvoeding in Oos-Kaap

Spektrum: Kommer oor ernstige kinderwanvoeding in Oos-Kaap

Kategorie: Spektrum2026-10-16

16 Oktober 2026: Kommer oor ernstige voedselonsekerheid en wanvoeding onder kinders in die Oos-Kaap. ‘n Waarskuwing dat Suid-Afrikaners aansienlik meer kan opdok vir hoender wat van Europa ingevoer word. Die Inkomstediens reageer op klagtes dat terugbetalings vanjaar langer as gewoonlik neem.

Spektrum: Verkiesingsdebat – Mangaung

Spektrum: Verkiesingsdebat - Mangaung

Kategorie: Spektrum2026-10-15

15 Oktober 2026: Die Mangaung-metro in Bloemfontein in die Vrystaat is in die nuus oor die ANC se kanidaatslyste wat nie betyds ingedien is voor die OVK se spertyd nie. Die Konstitusionele hof het pas uitspraak gelewer in die ANC se aansoek dat 181 van sy kandidate se name wél op die kieserslys vir die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November kan verskyn. Die hof het beslis dat die ANC dié kandidate op die party se kieserslys mag hê. Daar was trane van blydskap van die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula. Hy het ná die uitspraak gesê hy het gewonder of hy uit sy posisie moet tree. Terwyl Mbalula die konferensie teogespreek het, het hy inmekaar gesak. Die Mangaung-metro word direk hierdeur geraak, want die ANC se proporsionele kandidate sou uitgesluit gewees het as die hof anders besluit het. Die helfte van die setels in die Mangaung-raad is proporsioneel, en al agt ANC-burgemeesterskandidate is op die party se proporsionele lys. Die Mangaung-metro sluit Bloemfontein in, en die dorpe Botshabelo, Thaba Nchu, Dewetsdorp, Soutpan, Van Stadensrus en Wepener. Die gaste is Werner Pretorius (DA-burgemeesterskandidaat), Logan Kruger (ANC-raadslid), Sophia Swartz (Patriotic Alliance se burgemeesterskandidaat) en professor Elizabeth Snyman-Van Deventer (Vryheidsfront Plus se koukusleier en burgemeesterskandidaat).