Een uit elke vyf mense ly aan chroniese pyn. Hoe werk pyn? Wat is normale pyn? Wat loop skeef dat ‘n mens chroniese pyn ontwikkel?
Deel 2
Pyn is in jou brein gesetel. ‘n Spesifieke soort chroniese pyn kan vererger indien die chirurg opereer, of deur inspuitings. Maar baie pasiënte en dokters verstaan nie hoe chroniese pyn werk, en hoe om dit te benader nie.
Hier is interessante sketse en verduidelikings wat Dr Willem-Johan Steyn saamgestel het.
Stap 1. Die pyn impulse word van die plek van die besering tot in die brein gelei. Dit duur millisekondes en eers as die impuls die sensoriese korteks bereik, voel jy die pyn.






Stap 2. Die impulse word uit die brein weer terug na die rugmurg gelei.


Die verskillende soorte PYN
















