Skip to content

OPPIWATER: WEN ‘N KAJUIT VIR TWEE!

Kompetisie

OPPIWATER: WEN ‘N KAJUIT VIR TWEE!

Die Oppiwater Kunstefees word van 9 tot 14 April 2026 aanboord die MSC Opera aangebied van Kaapstad na Namibië. RSG en Lefra Produksies gee ‘n wonderlike Kersgeskenk weg! Een gelukkige luisteraar kan ‘n binnekajuit vir twee aanboord die MSC Opera en die Oppiwater Kunstefees wen.

Die prys bestaan uit:

  • Bywoning van die Oppiwater Kunstefees
  • Binnekajuit vir twee persone wat deel
  • Alle etes op die skip (Jy kan tot 5 keer per dag eet as jy kan)
  • Feeskaartjies na die vertonings wat jy wil sien
  • Jy word as BBP-gas behandel, en word na al die skemerkelkfunksies genooi
  • Vervoer vanaf Kaapstad Lughawe na die hawe

SMS die kodewoord WATER, jou naam, van, e-posadres en jou stad of dorp na 45889. Elke SMS kos R1,50 en daar is geen beperking op die hoeveelheid SMS’e wat jy mag stuur nie. Die kompetisie duur van 13 tot 19 Desember om 16:00. Die wenner word op Saterdag 20 Desember in Brêkfis met Derrich bekend gemaak. Bepalings en voorwaardes geld.

13/ 12 / 2025
-
19 / 12 / 2025

Voriges

Sluitingsdatum:
30/06/2026

RSG en die ATKV vier vanjaar met trots die dertigste radiodramaskryfkompetisie. En om hierdie mylpaal te gedenk, gaan daar in die 2026-kompetisie meer prysgeld én wenners wees.

Sluitingsdatum:
27/02/2026

Jy kan jou deel van R100 000 en LIV Gholftoernooi-kaartjies wen.

#Gesluit
Sluitingsdatum:
21/02/2026

Een paartjie kan ‘n wonderlike BBP-prys wen om Tollie Parton by Emperors se Theatre of Marcellus in Johannesburg te gaan sien op 22 Februarie 2026.

#Gesluit
Sluitingsdatum:
12/12/2025

Een luisteraar kan ’n wonderlike BBP-ervaring wen!