Skip to content

Wen met Auto&General en RSG

Kompetisie

Wen met Auto&General en RSG

As die amptelike toernooivennoot van LIV Gholf Suid-Afrika, vier Auto&General die Wêreld se Bestes… of dit nou op die grootpad of die skoonveld is. Geïnspireer deur die beste bestuurders en drywers in die wêreld, wil RSG en Auto&General jou kennis van die bestes toets. Jy kan jou deel van R100 000 en LIV Gholftoernooi-kaartjies wen.

 

Skryf hier in om deel te neem.

 

As iemand van Op en Wakker jou skakel vanaf Maandag 23 Februarie 2026 tot Vrydag 27 Februarie 2026 tussen 08:00 en 09:00, sal die aanbieder vir jou die naam van óf ‘n bekende renjaer óf ‘n bekende gholfspeler gee. Jy moet dan sê of die persoon ‘n renjaer of ‘n gholfspeler is. Jy kan R1 000 per korrekte antwoord wen. As jy gekies het om ‘n verpligtingvrye kwotasie van Auto&General te kry vir voertuig- of besigheidsversekering, kan jy jou wengeld verdubbel. Daar is ook LIV Gholf-kaartjies om te wen.

 

Die Wêreld se Bestes met Auto&General, slegs op RSG.

 

Bepalings en Voorwaardes van toepassing.

23/ 02 / 2026
-
27 / 02 / 2026

Voriges

Sluitingsdatum:
21/08/2026

Een paartjie kan ‘n wonderlike BBP-prys wen om Francois van Coke by Emperors se Theatre of Marcellus te gaan kyk op 23 Augustus 2026 om 15:00.

#Gesluit
Sluitingsdatum:
01/08/2026

Daar is nou ’n bonusprys van R5 000 op die spel, én jy staan steeds ’n kans om later vanjaar R200 000 of ’n splinternuwe motor te wen!

#Gesluit
Sluitingsdatum:
10/07/2026

Een gelukkige RSG-luisteraar en sy/haar metgesel kan ’n ekslusiewe ervaring by Klein Karoo Klassique wen ter waarde van R15 500!

#Gesluit
Sluitingsdatum:
05/06/2026

Een paartjie kan ‘n BBP-prys wen om Tollie Parton by Emperors Palace se Theatre of Marcellus in Kemptonpark te sien op 12 Junie 2026.