Kompetisie
Wen kaartjies na Afrikaans is 100 Jaar Groot in Kaapstad!
Die GROOTSTE Afrikaanse konsert vind op 20 September in die DHL-stadion in Kaapstad plaas want Afrikaans word net een keer 100 jaar oud. Hierdie konsert is reeds uitverkoop, maar jy kan nog kaartjies wen! Die kunstenaars sluit onder andere in Laurika Rauch, Riana Nel, Emo Adams, Kurt Darren, Bok van Blerk, Early B, Juanita du Plessis en vele meer. Jy kan hierdie week kaartjies wen! Skakel in vir driesestig, Spitstyd, Saterdagsprankel en Brêkfis met Derrich om uit te vind hoe jy kan wen.
-
13 / 09 / 2025