Kompetisie
Wen ’n BBP-ervaring by Tollie Parton
Een paartjie kan ‘n wonderlike BBP-prys wen om Tollie Parton by Emperors se Theatre of Marcellus in Johannesburg te gaan sien op 22 Februarie 2026. Die prys bestaan uit:
- Twee BBP-Tollie Parton-kaartjies vir die konsert op 22 Februarie 2026.
- Verblyf vir twee persone in die vyfster Peermont D’oreale Grande Hotel by Emperors Palace op Sondag 22 Februarie met ‘n heerlike Van Loveren-mimosa in jou kamer.
- Julle word verder bederf met middagete voor die vertoning, en aandete ná die vertoning by Emperors Palace se wonderlike restaurante.
- BBP-uitnodiging om vir Tollie Parton na afloop van die konsert te ontmoet.
- Ontbyt op Maandagoggend 23 Februarie 2026.
SMS die volgende inligting aan 45889: Tollie, jou naam, van, e-pos en stad/dorp. Elke SMS kos R1.50. Die sluitingsdatum is Vrydag 20 Februarie 2026 om 16:00. Die wenner sal op Brêkfis met Derrich op 21 Februarie 2026 bekendgemaak word. Bepalings en voorwaardes geld.
14/ 02 / 2026
-
21 / 02 / 2026