WAT GEBEUR
Die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) vier vanjaar ’n besondere mylpaal: 30 jaar van kreatiwiteit, kuns en kultuur, wat diep spore in die landskap van die Suid-Afrikaanse kunste getrap het. Vir drie dekades lank is die KKNK ’n plek waar stories gedeel word, waar kunstenaars en gehore mekaar vind en waar Afrikaans – in al sy kleure en klanke – met trots gevier word.
Teen dié historiese agtergrond keer die gewilde RSG/ATKV-Kuierkol vanjaar vir die tweede keer terug – groter, beter en lekkerder as ooit tevore! Feesgangers kan van 28 Maart tot 4 April saam met van hulle gunstelingradiopersoonlikhede van RSG kuier. Wat die Kuierkol besonders maak, is die toeganklikheid daarvan. Of jy nou ’n toegewyde RSG-luisteraar is, ’n boekliefhebber, ’n musiekentoesias of bloot iemand wat die feesatmosfeer wil opsuig – hier is ruimte vir almal.
Feesgangers word na die Kuierkol in Baron van Reedestraat uitgenooi om nader te staan, in te skakel en deel te neem. Dit is ’n plek waar toevallige verbygangers maklik vasval in ’n gesprek, ’n optrede of ’n onverwagte oomblik van inspirasie.
Klik HIER vir die volledige program.