RSG en die ATKV vier vanjaar met trots die dertigste radiodramaskryfkompetisie. En om hierdie mylpaal te gedenk, gaan daar in die 2026-kompetisie meer prysgeld én wenners wees.
RSG en Lefra Produksies gee ‘n wonderlike Kersgeskenk weg! Een gelukkige luisteraar kan ‘n binnekajuit vir twee aanboord die MSC Opera en die Oppiwater Kunstefees wen.
Die Cherry Time-seisoen het aangebreek, en RSG-luisteraars kry die kans om hulle eie somer-oomblik te wen, geïnspireer deur Cherry Time se Take a Moment-filosofie.