'n Op en wakker Sateroggendkuier met musiek, kompetisies en alles van visvang en tuinmaak tot omgewingsake en pleisters vir jou siel.
Kameraman en fotograaf Dirk Smit vertel van die Iona Nasionale Park in Angola, wat volgens hom die beste kampeerplek ooit is.
Tuinboukundige Tanya Visser gee raad en wenke oor hoe om jou tuin in ‘n lushof te omskep.
Ds. Marina van der Linde praat oor sielsmoegheid.
Prof. Anja du Plessis, ‘n waterkenner verbonde aan Unisa, praat oor die stand van Suid-Afrika se water.
Andries Maree het die jongste hengelnuus.
Nico Smit praat motorsake.