Skip to content

Die Reine Wynheid

Potgooi

Die Reine Wynheid

Martelize Brink verken die ryk grond van Suid-Afrika wynerfenis. Die legendes, nuwe wynkunstenaars, sommerliers, wingerdboukundiges, bemarkers en passievolle sjefs kuier in die ateljee. Van 1659, die Groot Constantia-erfenis, die KWV tot die “Mavericks van Malmesbury” en die klein wynprodusente van die wynstreke kom aan die beurt. Luister na "my wyn van die week" en soms vreemde wynfeite van regoor die wêreld. Elke episode word afgesluit met vyf vrae aan die gaste. Wie is hulle wynmaker “crush”? Indien hulle ‘n wyn was, watter wyn sou hulle persoonlikheid die beste verteenwoordig?

RSG Bekbasaar: EPISODE 20: Wat by Elsenburg gebeur…

RSG Bekbasaar: EPISODE 20: Wat by Elsenburg gebeur...

Kategorie: Die Reine Wynheid2026-04-01

In die laaste episode van die eerste seisoen kuier Abie Rossouw, Koos Jordaan en Eugene van Zyl in die ateljee. Hulle gesels oor wingerd- en wynbou-opleiding by die ikoniese landbou opleidingsinstelling, Elsenburg. ‘n Paar alumni vertel ook hulle gunsteling stories van hulle tyd by Elsenburg.

RSG Bekbasaar: EPISODE 19: Die Reine Wynheid – ‘n Koel klimaat

RSG Bekbasaar: EPISODE 19: Die Reine Wynheid – ‘n Koel klimaat

Kategorie: Die Reine Wynheid2026-03-25

‘n Koel klimaat is ideaal vir Pinot Noir en Chardonnay. Ons verken die pionierswerk deur vierde generasie Paul Clüver en sy familie in Elgin, en dapper besluite deur Hannes Storm van Storm Wyne in die Hemel-en-Aarde vallei.

RSG Bekbasaar: EPISODE 18: Die Reine Wynheid – Die toekoms van Ken Forrester-wyne

RSG Bekbasaar: EPISODE 18: Die Reine Wynheid – Die toekoms van Ken Forrester-wyne

Kategorie: Die Reine Wynheid2026-03-18

Mnr. Chenin, Ken Forrester, en die wynmaker van die handelsmerk wat hy persoonlik gekies het, Shawn Mathyse, is Martelize Brin k se gaste. Ken verduidelik hoekom hy Chenin Blanc gekies het, die groot waagstuk op ‘n plaas wat hulle nie kon bekostig nie, en wat hy in Shawn gesien het om eendag by hom oor te neem. Ons proe die ikoniese FMC Chenin Blanc, en Shawn se Grenache-hartsprojek.

RSG Bekbasaar: EPISODE 17: Die Reine Wynheid – 55 Jaar op die Stellenbosch Wynroete

RSG Bekbasaar: EPISODE 17: Die Reine Wynheid – 55 Jaar op die Stellenbosch Wynroete

Kategorie: Die Reine Wynheid2026-03-11

Reis saam op die Stellenbosch Wynroete wat hulle 55ste bestaansjaar vier, met Frank K. Smit van Spier, Johan Malan van Simonsig en Victor Sperling van Delheim. Hulle voorgangers en ouers het die roete gestig. Die bestuurder van die roete, Elmarie Rabe, vertel van die 200 plase wat deel vorm van een van die gewildste toeristebestemmings in Suid-Afrika.

RSG Bekbasaar: EPISODE 16: Die Reine Wynheid – La Motte

RSG Bekbasaar: EPISODE 16: Die Reine Wynheid – La Motte

Kategorie: Die Reine Wynheid2026-03-04

Die keldermeester, die eerste broodsommelier in Suid-Afrika, die sjef, die storieverteller en die bemarker trek van Franschhoek na die Bekbasaar-ateljee, en bring die oes van La Motte saam. Martelize Brink praat met hulle oor die plaas se geskiedenis, die onlangse brande, pryswennende Semillon en die verskillende aspekte wat dié bestemmingsplaas aan besoekers bied.

RSG Bekbasaar: EPISODE 15: Die Reine Wynheid – Wat soek die mark?

RSG Bekbasaar: EPISODE 15: Die Reine Wynheid – Wat soek die mark?

Kategorie: Die Reine Wynheid2026-02-25

Wat koop die verskillende generasies in Suid-Afrika, en watter wynkultivars moet in die toekoms geplant word vir volhoubaarheid? Rene Groenewald, Kaapse Wynmeester en produkspesialis by W Cellar, en Jacques Steyn van Jordan drink wynkultivars van Griekeland en ’n agaveproduk, wat met verskillende soort kaas geproe word.