Skip to content

Hoe verklaar jy dit?

Potgooi

Hoe verklaar jy dit?

Wetenswaardighede oor die natuur en wetenskap

Hoe verklaar jy dit? 12 April 2026

Hoe verklaar jy dit? 12 April 2026

Kategorie: Hoe verklaar jy dit?2026-04-12

Daar is lewende organismes diep in die oseaan, wat onder sulke ekstreme druk leef dat hulle selle fisies anders gebou is. Ons hoor hoe lewe kan aanpas by toestande waar ’n mens binne sekondes sou sterf, en wat dit vir ons begrip van lewe self beteken. Lig kan miljarde jare lank deur die ruimte reis sonder om “moeg” te raak, omdat dit nie energie verloor soos gewone bewegende voorwerpe nie. Wat sê dit vir ons oor die aard van die heelal.

Hoe verklaar jy dit? 5 April 2026

Hoe verklaar jy dit? 5 April 2026

Kategorie: Hoe verklaar jy dit?2026-04-05

Miljoene jare gelede het iets begin, wat vandag nog die Kaap en Namakwaland uniek maak — ’n landskap só ryk aan plantedat dit nêrens anders op aarde bestaan nie. Wat lyk soos ’n slang wat oor sement beweeg, maar nie ’n slang is nie? Dis duisende larwes wat saam migreer! Hoekom? Waarheen? En wat gebeur volgende?

Hoe verklaar jy dit? 29 Maart 2026

Hoe verklaar jy dit? 29 Maart 2026

Kategorie: Hoe verklaar jy dit?2026-03-29

Ons vind uit hoe fyn verweef jou lewe met die natuur is, en hoekom die gesondheid van ekostelsels eintlik oor jou toekoms gaan. Wat gebeur wanneer diere oor generasies selektief geteel word? Watter onbedoelde biologiese nadele ontstaan so?

Hoe verklaar jy dit? 22 Maart 2026

Hoe verklaar jy dit? 22 Maart 2026

Kategorie: Hoe verklaar jy dit?2026-03-22

Nie alle insekte wat jy in jou tuin sien, eet jou plante nie. Sommige, soos bidsprinkane en sekere kewers, is roofinsekte wat ander insekte jag en opvreet. Hulle werk dus soos klein natuurlike plaagbeheeragente, wat help om plantvreters in toom te hou. Ons kyk na die rol wat sekere insekte speel in ’n tuin of ekosistelsel, en hoekom sommige insekte eintlik jou plante se beste beskermers kan wees. Die meeste molle eet glad nie plante of wortels nie. Hulle is vleiseters, wat hoofsaaklik leef van erdwurms, larwes en ander klein diertjies onder die grond. Jou tuin lyk dalk omgeploeg, maar die mol is eintlik op jag vir kos.

Hoe verklaar jy dit? 15 Maart 2026

Hoe verklaar jy dit? 15 Maart 2026

Kategorie: Hoe verklaar jy dit?2026-03-15

Wanneer ’n kolonie roosluise oorvol word, of die plant swak word, ontwikkel sommige rooiluise vlerke, en vlieg na nuwe plante om ’n nuwe kolonie te begin. Het jy geweet dat ongeveer 90% van Madagaskar se plante en diere endemies is? Dit beteken hulle kom nêrens anders op aarde voor nie. Dis omdat die eiland al sowat 88 miljoen jaar geïsoleer is van ander kontinente.

Hoe verklaar jy dit? 8 Maart 2026

Hoe verklaar jy dit? 8 Maart 2026

Kategorie: Hoe verklaar jy dit?2026-03-08

Onder watter omstandighede byt slange droog? Hoekom lyk dit of sekere voëls en diere beter aanpas by veranderende omgewings as ander?