Skip to content

Intussen

Potgooi

Intussen

Hoe gaan dit met jou kind? 10 April 2026

Hoe gaan dit met jou kind? 10 April 2026

Kategorie: Intussen2026-04-10

Pediatriese pulmonoloog dr. Delano Rhoode gee raad oor kinderkwale. Hy praat oor ’n vierjarige wat al dae lank griepsimptome het; ‘n kind van twee wat kort-kort wit kolletjies in haar mond kry; ‘n eenjarige wat elke keer maagpyn kry nadat sy melk gedrink het; en twee seuns an agt en tien wie se neuse die heeltyd toe is.

Antoinette sê… 10 April 2026

Antoinette sê... 10 April 2026

Kategorie: Intussen2026-04-10

Antoinette Pienaar praat oor mos in die Karoo.

Suné se pad met infertiliteit 9 April 2026

Suné se pad met infertiliteit 9 April 2026

Kategorie: Intussen2026-04-09

Die pad om ’n ouer te word, lyk nie vir almal dieselfde nie. Vir sommige neem dit draaie wat hulle nooit verwag het nie. Infertiliteit is ’n werklikheid vir baie paartjies, maar dit bly dikwels ’n stil en private stryd. Die pad na ouerskap kan genadeloos wees, vol hoop wat opbou en afbreek. Ons gesels met Suné Bloem oor haar ervaring met In-vitro-bevrugting, en die pad na ouerskap.

Sterskieter 9 April 2026

Sterskieter 9 April 2026

Kategorie: Intussen2026-04-09

Elke week gesels ons met ‘n Suid-Afrikaner wat uitblink. Mia-Anne O’Kennedy is ’n bekende gesig in die Afrikaanse vermaakbedryf, met ervaring in radiodrama, TV en film, soos Somer Son, Reënboogrant, Suiderkruis, Binnelanders en Villa Rosa. Sy is nou vir die eerste keer professioneel op die teaterverhoog.

Kultuur 8 April 2026

Kultuur 8 April 2026

Kategorie: Intussen2026-04-08

Marno Boshoff is nie net ‘n gewone professionele persoon nie; hy is ‘n denkleier met ‘n missie om beter werkplekke te skep en mense se omgewings ten goede te verander. Hy noem homself ‘n kultuurevangelis. Hy kyk in hierdie reeks na wat kultuur is, hoe dit gevorm word, en hoekom dit soveel meer as net ’n modewoord is. Hy praat oor hoe om ’n kantoorkultuur te vestig.

Pak stres só

Pak stres só

Kategorie: Intussen2026-04-07

Almal weet van stres, maar neem dit nie altyd ernstig genoeg op nie. Stres sit nie net in jou gedagtes nie, dit leef in jou liggaam. Dit wys in jou energie, jou slaap, jou emosies en jou fisiese gesondheid. Prof. Renata Schoeman, ’n psigiater en hoof van gesonddheidddleierskap by Stellenbosch Besigheidskool, glo dat genesing nie net oor medikasie gaan nie, maar ook oor lewenstyl, terapie en selfbemagtiging. Sy praat oor wat stres aan die liggaam doen.