Kiskenades - Episode 209
Spekkies Vark ontmoet ’n ander, interessante varkie terwyl hy en Katryn Kraai by Rosanna kuier. Die varkie is baie vriendelik, maar ook baie vreemd.
Kiskenades, geskep en geskryf deur Thomas van Niekerk, handel oor die sewejarige Jerome wat 'n kis vol speelgoed ontdek. Hierdie interessante skatkis neem hom onder andere na die wêreld van dinosourusse en hy ontmoet 'n kraai en donkie wat kan praat! Sy verbeelding kry vrye teuels, en tussendeur leer hy hoe om tel en te spel.
Spekkies Vark ontmoet ’n ander, interessante varkie terwyl hy en Katryn Kraai by Rosanna kuier. Die varkie is baie vriendelik, maar ook baie vreemd.
Tandjies Muis en Poppelief Poppie kuier by Alicia se vriendin, Sura. Terwyl hulle in die swembad sit, sien hulle dat daar paaseiers in die tuin rondlê. Wie het dit daar verloor?
Spekkies Vark en Poppelief Pop skilder te heerlik saam. Poppelief is besig om ’n stillewe te verf, maar dan begin die verwery te ontaard, en begin hulle om mekaar te verf. Gelukkig is Katryn Kraai en Daisy Dinosourus daar om hulle te wys dat dit dalk nie ’n goeie idee is nie.
Alicia vergeet om iets te doen wat haar ma haar gevra het om te doen, met ernstige gevolge. Gelukkig is die speelgoed van die speelgoedkis daar om te help.
Die speelgoed reis na die toekoms. Tandjies Muis het ’n verjaarsdag in die toekoms. Maar is die toekoms werklik so rooskleurig as wat ’n mens dink?
Die speelgoed van die speelgoedkis leer alles van kameelperde. Later help Kobus Kameelperd vir Tandjies Muis om vir Katryn Kraai en Daisy Dinosourus ’n streep te trek.