Kompas 10 April 2026
Is dit waar dat vrees altyd negatief moet wees? Barrie Ferreira vind uit hoe ons vrees reg moet benader.
'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.
Is dit waar dat vrees altyd negatief moet wees? Barrie Ferreira vind uit hoe ons vrees reg moet benader.
Alhoewel dobbel onwettig vir minderjariges is, sien ons dat al hoe meer tieners daarmee in aanraking kom, selfs met die speel van speletjies wat onskuldig lyk. Hoe begin dit, en wanneer raak dit ’n probleem? Om ons te help om hierdie komplekse onderwerp beter te verstaan, gesels Hazel Janse van Rensburg met sielkundige Nadia Liebenberg.
Kennis is beperk. Verbeelding omring die wêreld. Ons gesels met Meggan-Lee Johnstone, medestigter van Talente vir ‘n Toekoms. Sy vertel hoekom dit belangrik is om ‘n kunstekultuur te kweek, veral in kleiner dorpe.
Die 16-jarige Joban Botha komponeer orkesmusiek in sy vrye tyd. Hierdie stokperdjie het hom met ‘n tweede plek in ‘n internasionale kompetisie laat wegstap. Hy vertel hoe die proses werk, en waar dit alles begin het.
‘n Groep studente het van Nairobi af gery na Stellenbosch op ‘n elektriese motorfiets, wat in Suid-Afrika vervaardig is. Barrie Ferreira het met hulle gepraat.
Wat is deernis, en hoekom is dit belangrik dat ons dit in ons lewe moet toepas? Barrie Ferreira gesels met Emma van der Walt, wat mensehandel bestry, om te hoor hoe sy deernis in haar werk waarneem.