Skip to content

Land en Sand

Potgooi

Land en Sand

Elke week gesels Pieter Steyn land en sand met planmakers, bekendes en berugtes. Dis 'n in-diepte, maar informele gesprek sonder enige heilige koeie of taboes.

Land en sand: Nianell

Land en sand: Nianell

Kategorie: Land en Sand2026-04-07

Sedert sy haar verstand gekry het, het Nianell die besondere stem wat gehore in vervoering het. Tog, ondanks die stem en die verhoogpersoonlikheid, was sy eintlik baie onseker, en het die lewe haar ‘n hele paar houe toegedien. Nianell se memoir, A Song That’s Yet Unsung, het pas verskyn. Sy het land en sand met Pieter Steyn gesels oor haar grootwordjare, egskeiding, spirituele buiteliggaamlike ervarings, en die gawe om helderhorend te wees.

Land en Sand: Dr. Jaco Deacon

Land en Sand: Dr. Jaco Deacon

Kategorie: Land en Sand2026-03-31

Dr. Jaco Deacon is al beskryf as onderwys se geheime wapen. Jy hoor hom gereeld op RSG as daar oor onderwyssake gesels word. Jaco is die uitvoerende hoof van die skoolbeheerliggaam-organisasie, Fedsas. Pieter Steyn het land en sand met hom by sy huis in Bloemfontein gepraat oor die minister van onderwys, die verlammende rol van die onderwysvakbond, SADOU, hoe jy ‘n kameelperd vang, en waarom hy tevrede is met die Bela-wette.

Land en sand: Marlene le Roux

Land en sand: Marlene le Roux

Kategorie: Land en Sand2026-03-24

Die imposante KunsteKaap-tetaterkompleks vier vanjaar sy 55ste bestaansjaar. Dit was eers as die Nico Malan-teater bekend. Boonop word die gewilde Suidoosterfees in April weer by KunsteKaap aangebied. Die formidabele Marlene le Roux is die afgelope dekade die bestuurshoof van KunsteKaap. Sy het land en sand met Pieter Steyn gesels, en roerend vertel hoe sy op drie maande polio gekry het, hoe die kerk haar aanvanklik nie wou doop nie, ‘n breingewas, die dood van haar gestremde seun, en egskeiding kort daarna, en hoekom sy haarself nie as ‘n slagoffer beskou nie.

Land en Sand: Dr. Danie Odendaal

Land en Sand: Dr. Danie Odendaal

Kategorie: Land en Sand2026-03-17

Hy praktiseer vanjaar al 40 jaar lank as ’n veearts, en word as een van Suid-Afrika grootste kenners beskou wat grootvee betref. Dr. Danie Odendaal is deesdae in die nuus oomdat hy nie doekies omdraai oor die grootste bek-en-klouseer-uitbreking in die land se geskiedenis nie. Hy is ook deur minister John Steenhuisen afgedank as lid van die taakspan wat oor die uitbreking moet adviseer. Danie het land en sand met Pieter Steyn gesels oor sy afdanking, wat hy reken gedoen moet word, die meer as 200 veeartspraktyke reg oor die land wat vir hom data oor veesiektes stuur, hoekom hy verkies om met vee te werk, die tyd toe hy in Brittanje gepraktiseer het, en sy liefde vir wetenskap.

Land en sand: Albe Grobbelaar

Land en sand: Albe Grobbelaar

Kategorie: Land en Sand2026-03-10

Elke weeksoggend skuins na agt, skuif die meetserstorieverteller, Albe Grobbelaar, agter die mikrofoon in om ons te vertel van die een of ander interessantheid uit die verlede. Historiese Almanak is al byna drie jaar terug op RSG, waar dit die eerste keer in 1982 uitgesaai is. Historiese Almanak is onlangs as ‘n boek, Historiese Almanak: Onthou jy nog?, uitgegee. Pieter Steyn het land en sand met Albe by sy huis in Bloemfontein gesels oor die boek, sy aanvanklike predikantsdroom, die keer toe hy te veel sopies gevat het voor ‘n regstreekse TV-nuusoorskakeling, en hoe om ‘n SAUK-streekradiostasie op die been te bring.

Land en sand: Willie Spies

Land en sand: Willie Spies

Kategorie: Land en Sand2026-03-03

Ná hy byna twee dekades terug uit die politiek getree het, keer die prokureur Willie Spies terug politiek toe, as burgemeesterskandidaat vir die Vryheidsfront Plus in Tshwane. Willie het land en sand met Pieter Steyn gesels oor sy kandidatuur, Pretoria se naamsverandering, hoe ‘n misdaadslagoffer vir 20 km op sy enjinkap gery het, sy kliënte soos Paul O’Sullivan en Twatterbaas, en die Kill the boer-hofsaak.