Skip to content

Leefwêreld van die Gestremde

Potgooi

Leefwêreld van die Gestremde

Deur middel van hierdie radioprogram poog RSG om nie-gestremdes 'n beter begrip te gee van die probleme en suksesse van persone met gestremdhede.

Leefwêreld van die gestremde 12 April 2026

Leefwêreld van die gestremde 12 April 2026

Kategorie: Leefwêreld van die Gestremde2026-04-12

Ná die amputering van ‘n ledemaat word pyn steeds ervaar in die deel. Andrew Hofmeyr vertel hoe die pyn erger geraak het, en hoe dit hom daagliks beïnvloed. Meervoudige Sklerose SA het begin met die Move Strong May-veldtog ter bewusmaking en ondersteuning. Ons hoor van navorsing oor dié siekte en Suid-Afrika se leidende rol hierin.

Leefwêreld van die Gestremde 5 April 2026

Leefwêreld van die Gestremde 5 April 2026

Kategorie: Leefwêreld van die Gestremde2026-04-05

Gespesifiseerde Dissosiatiewe Versteuring (OSDD) ‘n toestand waaraan daar heelwat stigma kleef. Dienshonde kan bydra tot die diagnosering, en help met ondersteuning aan persoon met OSDD. Die Latynse woord, felisitas, beteken geluk. In Brakpan is Felisitas ‘n skool vir kinders met erge gestremdhede. Dis ‘n skool vir geluk en vrede vir gestremde kinders en hulle versorgers.

Leefwêreld van die gestremde 29 Maart 2026

Leefwêreld van die gestremde 29 Maart 2026

Kategorie: Leefwêreld van die Gestremde2026-03-29

‘n Parapleeg en bekende branderplankryer van Suid-Afrika, Dries Millard, vertel van aangepaste klinieke vir branderplankry vir persone met gestremdhede, en sy voorbereiding vir die nasionale kampioenskap. Hentie Nortjé is ‘n prokureur met ‘n passie vir gemeenskapswerk en swem. Hy gesels oor menseregte en die stand van sake vir persone met gestremdhede. Het jy geweet dat 97,5% van persone met gestremdhede werkloos is?

Leefwêreld van die gestremde 22 Maart 2026

Leefwêreld van die gestremde 22 Maart 2026

Kategorie: Leefwêreld van die Gestremde2026-03-22

‘n Parapleeg en bekende branderplankryer van Suid-Afrika, Dries Millard, gesels in die eerste van twee programme oor sy uitdagings in terme van toeganklikhied en basiese geriewe by strande. Hy vertel hoe hy sy daaglikse uitdagings aanpak. SAAM TEEN EENSAAMHEID is die tema vir vanjaar se Wêreld Downsindroom-bewustheidsmaand. Die fokus val op die insluiting van mense met Downsindroom in families, gemeenskappe en die arbeidsmark.

Leefwêreld van die Gestremde 15 Maart 2026

Leefwêreld van die Gestremde 15 Maart 2026

Kategorie: Leefwêreld van die Gestremde2026-03-15

Professor Charl Hugo vertel hoe sy leefwêreld ná ‘n breinaneurisme verander het. Die ‘n aangerypende verhaal van deursettingsvermoë, ondersteuning, en nog ‘n kans op lewe. Die Midmarmyl-swembyeenkoms het vanjaar vir die eerste keer mense met gestremdhede wat deelgeneem het. Ons vind meet uit van die 2026 Liefdadigheid Agt-myl-Uitdaging se beskermvrou, Adri Visser, ‘n voormalige Paralimpiese swemmer.

Leefwêreld van die gestremde 8 Maart 2026

Leefwêreld van die gestremde 8 Maart 2026

Kategorie: Leefwêreld van die Gestremde2026-03-08

Daar is baie uitdagings vir persone met siggestremdhede om in die arbeidsmark op ‘n gelyke basis mee te ding. Tegnologie is van die grootste gelykmakers en open die wêreld vir blinde persone. Die Kirstenbosch Botaniese Tuin in Kaapstad is al geruime tyd besig om toeganglikheid van mense met gestremdhede te verbeter. Ons hoor van hulle sensoriese tuin en toegang vir ouerwordende persone en skoolkinders.