Skip to content

Middagvervolgverhaal

Potgooi

Middagvervolgverhaal

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 7

DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 7

Kategorie: Middagvervolgverhaal2026-04-10

Regardt is bekommerd oor die veiligheid in die vallei, en oor die water wat uit sy dam getap moet word. Lisa en Shereen bespreek die aanstelling van ‘n nuwe juffrou met die plaasskool se hoof. Wat sal Regardt doen oor al die water wat hy kan verloor?

DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 6

DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 6

Kategorie: Middagvervolgverhaal2026-04-09

Lucian en David bedink ‘n slim plan om die diewe by die waterpompstasie te vang. Regardt en sy ma Lisa is bekommerd oor die impak van die lyk in die dam op die plaas en op hulle familie.

DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 5

DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 5

Kategorie: Middagvervolgverhaal2026-04-08

Die dam op Die eerste wingerd moet leeggetap word om die res van die skelet te vind. Regardt Bonnet is baie ontsteld hieroor. David en Lucian moet saam ‘n buurtwag skof doen, en vind diewe by ‘n waterpomp. Sal hulle die diewe direk aanvat, of die polisie bel?

DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 4

DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 4

Kategorie: Middagvervolgverhaal2026-04-07

Speurder Bart Voster vind uit dat die vermiste kind weggeloop het na sy ouma toe. Die soektog word afgelas, maar net voor die duikers uit die dam kom, vind hulle ‘n deel van ʼn menslike skelet.

DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 3

DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 3

Kategorie: Middagvervolgverhaal2026-04-06

Die soektog na die vermiste kind beweeg van die rivier na die dam toe. David het grootgeword op Die eerste wingerd, en daar is nog onopgeloste sake tussen hom en die Bonnet-familie. Bart Voster, die polisiespeurder, neem die soektog oor en dadelik is daar spanning tussen hom en die mense van die Rooivallei.

DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 2

DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 2

Kategorie: Middagvervolgverhaal2026-04-02

Een van die plaaswerkers se kinders het tydens die storm verdwyn. Almal is bekommerd dat hy in die rivier verdrink het. Shereen Kannemeyer besoek DIE EERSTE WINGERD, waar sy in haar jong dae gewerk het. Regardt Bonnet ontmoet die nuwe wynmaker, David Meyer, by die kelder. Sal hulle die vermiste kind lewend kan vind?