Potgooi
Ons en die Onderwys
Kenners praat oor opvoedingsontwikkeling en interessante en omstrede sake in die onderwys.
Ons en die onderwys 22 Februarie 2026
22 Februarie 2026
Johan van Lill met praat Elsie Harmse, uitvoerende hoof van UXi Artisan Development en medestigter van Africa Skills, oor ’n belangrike verskuiwing in ouerskap: Ouers as loopbaanvennote – nie toeskouers nie. Die gesprek fokus op hoe ouers tieners en jong volwassenes kan ondersteun in hulle loopbaankeuses deur ingeligte gesprekke, realistiese verwagtings en ’n beter begrip van opleidingspaaie en arbeidsmarkrealiteite. Daar word gekyk na die waarde van beroepskwalifikasies, die rol van finansiële beplanning en hoe ouers betrokke kan bly sonder om oor te neem.
Ons en die onderwys 15 Februarie 2026
15 Februarie 2026
Johan van Lill praat met dr. Annalie Roux, senior lektor in Wiskunde-onderwys aan die Noordwes-Universiteit, oor ’n dringende vraag in Suid-Afrikaanse onderwys: Hoekom neem so min leerders wiskunde tot matriek? Wat lê agter hierdie bekommernis? Die gesprek fokus op wiskunde-angs, vroeë leerervarings, onderrigmetodes, ouers se ingesteldheid, en die impak wat dit alles het op leerders se selfvertroue en toekomskeuses.
Ons en die onderwys 8 Februarie 2026
8 Februarie 2026
Johan van Lill praat met professor Josef de Beer oor ’n kernvraag in moderne onderrig: Wat is aktiewe leer, en hoe help dit leerders om meer betrokke, selfstandig en begripsvas te leer? Die gesprek fokus op hoe aktiewe leer leerderbetrokkenheid, selfgerigte denke en betekenisvolle begrip kan bevorder.
Ons en die onderwys 1 Februarie 2026
1 Februarie 2026
Johan van Lill praat met Adel Jacobs, afdelingshoof van professionele dienste by die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie, oor die toenemende debat oor graadherhaling in die grondslagfase. In ’n tyd waarin daar weer gekyk word na ’n moontlike beperking op herhaling in Graad 1 tot 3, vra hierdie gesprek belangrike vrae oor wat werklik in die beste belang van kinders is.
Ons en die onderwys 25 Januarie 2026
25 Januarie 2026
Johan van Lill praat met Gerhard Olivier, hoof van besigheidsontwikkeling by UXi Artisan Development. In ’n tyd waarin universiteit steeds as die enigste maatstaf van sukses beskou word, bevraagteken dié gesprek ’n diepgewortelde aanname in Suid-Afrikaanse onderwys. Saam verken hulle waarom beroepsgerigte, geakkrediteerde en werksgeïntegreerde opleiding nie ’n tweede keuse is nie, maar vir baie jongmense die mees verantwoordelike en realistiese pad is na volhoubare werk en loopbaansekerheid.
Ons en die onderwys 18 Januarie 2026
18 Januarie 2026