Skip to content

RSG Dokumentêr

Potgooi

RSG Dokumentêr

'n Reeks dokumentêre programme deur 'n span gesoute RSG en SABC omroepers en joernaliste

DIS JOU PAD, MAGDA deur Ina Strydom

DIS JOU PAD, MAGDA deur Ina Strydom

Kategorie: RSG Dokumentêr2026-08-20

Magda van Biljon sal vir baie mense altyd die “Wielie Walie-tannie” wees, want sy het dié program op SAUK-televisie vir 14 jaar lank aangebied. Maar haar talent én haar bydrae tot die kuns- en vermaakbedryf strek baie verder. Sy vertel onder meer van die verskillende aspekte van haar loopbaan; hoe sy haar man Zack du Plessis ontmoet het en hoe verpletter sy was met sy dood; en sy sê wat vir haar die belangrikste dinge in die lewe is.

SIEKEFONDS OF SKYNVEILIG? deur Mari Hudson

SIEKEFONDS OF SKYNVEILIG? deur Mari Hudson

Kategorie: RSG Dokumentêr2026-08-13

As die ongebreidelde styging in mediesefondspremies en private gesondheidsorg aanhou voortduur, kan private sorg buite bereik van nog meer mense raak. Is dit enigsins nog die moeite werd om aan ‘n mediese fonds te behoort? Mari Hudson het gaan uitvind hoe werk mediese fondse in Suid-Afrika, hoekom die kostes so hoog is, en wat die oplossing is. En hoekom niks die afgelope dekades gedoen is om die probleme op te los nie.

DIE GEVAAR IN ONS GROEN ARE deur Esté de Klerk

DIE GEVAAR IN ONS GROEN ARE deur Esté de Klerk

Kategorie: RSG Dokumentêr2026-08-06

Hoe besoedel is Suid-Afrika se riviere? Wat veroorsaak dit? Wie is verantwoordelik daarvoor? Ontbreek daar ‘n politieke wil? Is daar ‘n gebrek aan verantwoordbaarheid op regeringsvlak om ‘n toenemende natuurramp af te weer? Is dit te laat om hierdie situasie om te keer? Esté de Klerk stel ondersoek in na hoe besoedel Gauteng se riviere is, hoe krities die probleem is, en of die verandering aan waterwetgewing moontlik hoop op verantwoordbaarheid kan meebring.

DIE LANGPAD deur Ettienne Ludick

DIE LANGPAD deur Ettienne Ludick

Kategorie: RSG Dokumentêr2026-07-30

Om ’n langafstand-vragmotorbestuurder te wees, is nie in elke mens se bloed nie. Dis lang ure weg van jou geliefdes, en gevare op die pad wat genavigeer moet word. Ons pak ‘n reis aan saam met drie langafstanddrywers, wat die menswees agter die stuur van tonne vrag ontbloot. Hoor die passie, die gevare, die vrese en die verlange van diegene wat die land aan die gang hou met 18 wiele of meer, elke dag op Suid-Afrika se besigste roetes.

NIE VIR HAAR GEBOU: DIE GESLAGSGAPING IN DIE ONGELUK deur Martelize Brink

NIE VIR HAAR GEBOU: DIE GESLAGSGAPING IN DIE ONGELUK deur Martelize Brink

Kategorie: RSG Dokumentêr2026-07-23

Vroue is meer geneig om ernstig beseer te word, of te sterf, in motorongelukke as mans, met ‘n 73% hoër waarskynlikheid van ernstige beserings in vergelykbare ongelukke. Vroue ly meer beserings aan die onderste ledemate, buik en bors, terwyl mans meer geneig is tot rugbeserings en, oor die algemeen, meer noodlottige ongelukke. Motors is oor die jare volgens mans se liggame ontwerp. Selfs die veiligheidstoetse is met manlike botstoetspoppe gedoen. Nuwe, meer akkurate vroulike botstoetspoppe word ontwikkel wat 150 sensors bevat om die spesifieke impak op ‘n vrou se liggaam te meet. Martelize Brink praat onder meer met die Sweedse navorser wat die eerste vroulike botstoetspop ontwikkel het, prof. Astrid Linder.

MET DIE HELM GEBORE deur Flip Loots

MET DIE HELM GEBORE deur Flip Loots

Kategorie: RSG Dokumentêr2026-07-16

Die sien van rampe, voorbodes, geluk, besonder gelukkig wees – dit is alles woorde wat gebruik word vir iemand wat in die volksmond bekendstaan as “met die helm gebore” te wees. Maar wat beteken dit? Die verskynsel dat baba’s met die vrugwatersak (helm) oor die kop gebore word, is baie skaars. Flip Loots bespreek dit met ’n geneesheer en twee predikante, en ’n paar mense vertel van hulle belewenis daarvan om met die helm gebore te wees.