Skip to content

Spektrum

Potgooi

Spektrum

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Spektrum 10 April 2026

Spektrum 10 April 2026

Kategorie: Spektrum2026-04-10

Die Madlanga Kommissie van Ondersoek hoor getuienis oor korrupsie in die Tshwane-metropolisie. Die debat oor ‘n nuwe geskiedeniskurrikulum vir skole word heftig. Ouers en die Departement van Onderwys is gewikkel in ‘n twis oor meer as 70 bykomende leerlinge by die Swartruggens Gekombineerde Skool in Noordwes.

Spektrum 9 April 2026

Spektrum 9 April 2026

Kategorie: Spektrum2026-04-09

Daar is meningsverskille en verwarring oor die twee weke lange wapenstilstandooreenkoms tussen die Verenigde State en Iran. Die Vryheidsfront Plus sê nee vir die MK-party se voorgestelde wysiging van artikel 235 van die Grondwet, wat selfbeskikking waarborg. Daar is 63 onopgeloste politieke moorde, dalk as gevolg van die afskaffing van die polisie se politieke moorde-taakspan.

Spektrum 8 April 2026

Spektrum 8 April 2026

Kategorie: Spektrum2026-04-08

Twee verdagtes in die hof in verband met die ontvoering van ‘n 17- en 21-jarige in Randfontein aan Gauteng se Wesrand. Oliepryse daal ná die nuus oor ‘n skietstilstand in die Midde-Ooste, maar dit kan die lugvaartbedryf maande vat om te herstel. Die nuwe Amerikaanse ambassadeur, Leo Brozell III, oorhandig saam met ander diplomate sy geloofsbriewe.

Spektrum 7 April 2026

Spektrum 7 April 2026

Kategorie: Spektrum2026-04-07

‘n Nuwe getuie, die hoof van die Tshwane Metropolisie Yolande Faro, verskyn vandag voor die Madlanga-kommissie. Die polisievakbond, SAPU, sê hy sal nie toelaat dat daar ‘n heksjag op sy lede uitgevoer word terwyl die ondersoeke na korrupsie in die polisiediens aan die gang is nie. Die DA sê voorbereidings vir sy Federale Kongres in Midrand hierdie naweek, is goed op dreef.

Spektrum 6 April 2026

Spektrum 6 April 2026

Kategorie: Spektrum2026-04-06

Die ANC se Veteraneliga het sy ontevredenheid uitgespreek met die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, se aanstelling van ’n EFF-lid in sy provinsiale kabinet. E-taxi-dienste maak beswaar teen nuwe regulasies wat passasiers beskerm. Die soektog na agt ontsnaptes in Maluti in die Oos-Kaap gaan voort. Die militêre leier van Burkina Faso, Ibrahim Traoré, sê demokrasie in nié vir hulle nie.

Spektrum 2 April 2026

Spektrum 2 April 2026

Kategorie: Spektrum2026-04-02

Wye reaksie op die skommeling van Gauteng se kabinet. Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes moedig Suid-Afrikaners aan om hulle teen griep te laat inent. Wetstoepassers word in verskeie provinsies op hoofroetes ontplooi op die vooraand van die Paasnaweek.