Maria, Ma van smarte
Daar word gesels oor die rol wat Maria as moeder van Jesus gespeel het in sy lewe en in die lydingsverhaal, en wat die betekenis daarvan is dat sy aan die voet van die kruis bly staan het, al was die ander dissipels afwesig.
Spesiale programme en regstreekse uitsendings wat nie deel is van RSG se normale skedule nie.
Daar word gesels oor die rol wat Maria as moeder van Jesus gespeel het in sy lewe en in die lydingsverhaal, en wat die betekenis daarvan is dat sy aan die voet van die kruis bly staan het, al was die ander dissipels afwesig.
Mense beweer dat God nie na hulle luister nie, of baie lank neem om te antwoord. Met kunsmatige intelligensie kry jy ‘n antwoord binne sekondes op jou vrae. Waarom is God dan nog nodig in ‘n tyd waar alles vinnig gaan en KI beskikbaar is?
Die tweede wenner van RSG en Virseker se Bakgat-beskuitkompetisie is aangekondig. Baie geluk aan…
Die afgelope maand of twee is daar regoor die land beskuit gebak dat dit klap, en natuurlik beskuit geproe ook in RSG en Virseker se Bakgat-beskuitkompetisie. Hier is so ‘n paar hoogtepunte. Donderdag 13 November is die groot dag wanneer die beste beskuit in Suid-Afrika aangewys word!
Die Spitstyd-span saai regstreeks uit van PLATO af in Greenside, Johannesburg, waar die ses finaliste in die Bakgat-beskuitbakkompetisie aangewys word. Gerrie Pretorius maak ook ’n draai. Dankie aan Virseker, Plato, Maroela Media, Die Panneman en Michelin-sjef Jan-Hendrik van der Westhuizen wat hierdie kompetisie moontlik maak.
Die Op en Wakker-span, Dawie Roodt en Morné van Emmenes, Virseker se bemarkingshoof, proe van die finaliste se beskuit. Dankie aan al die deelnemers en brawe bakkers wat ons met hulle beste baksels verras het. Bly ingeskakel om te hoor wie die beste beskuit in Suid-Afrika gebak het. Dit gaan Virseker ‘n lekkerluister-oomblik wees op Donderdag 13 November wanneer die wenner aangekondig word.