Skip to content

Sterre en Planete

Potgooi

Sterre en Planete

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.

Sterre en planete 22 Februarie 2026

22 Februarie 2026

Ons kyk uitgebreid na die hoogtepunte van Maart se naghemel, wat interessante komeetnuus bevat. Het jy geweet dit is moontlik om van Jupiter se mane met die blote oog te sien? Het ons son ‘n naam?

Sterre en planete 15 Februarie 2026

15 Februarie 2026

Ons verrassingsgas neem ons op ‘n lang reis met ‘n paar staaltjies van hoe dit is om vrou alleen deur lang nagte in Sutherland se koepels te werk, hoe hulle vir 18 maande lank ‘n fout herstel het in een van SALT se mees delikate optiese stelsels, asook ‘n agter-die-skerms-kyk hoe SALT bedryf word. Ons reis eindig in die Atacamawoestyn in Suid-Amerika op, wat beskryf kan word as ‘n pelgrimstog na die heilige land van grondgebaseerde sterrekunde, waar jy die grootste teleskope ter wêreld sal aantref.

Sterre en planete 8 Februarie 2026

8 Februarie 2026

Jim Adams beantwoord ‘n skynbaar eenvoudige kort luisteraarsvraag oor hoe satelliete gelanseer word, wat op ‘n uitgebreide bespreking uitloop, voordat die span die jongste nuus oor die redes vir die uitstel van die lansering van die Artemis 2-sending na die maan in perspektief bring.

Sterre en planete 1 Februarie 2026

1 Februarie 2026

Dr Stefan Lotz praat oor die geweldige getalle betrokke toe die onlangse massa-uitbarsting van die son, die aarde getref het. Dit het rare groen aurora, of te wel suiderligte, veroorsaak in Suid-Afrika. Met die duisende satelliete, word die kans dat die lae-aarde-wentelbaan sonder waarskuwing kan ineenstort, al hoe groter.

Sterre en planete 25 Janaurie 2026

25 Januarie 2026

Ons vind meer uit oor ’n gedeeltelike sonsverduistering in Februarie. Net soos die slimfoon ons lewe drasties verander het, so het die slim-teleskoop gekom om astrofotografie radikaal op sy kop te draai. Hoor hoe Johan le Roux te werk gegaan het om komeet, 3i/ATLAS, met sy splinternuwe slim-teleskoop af te neem.

Sterre en planete 18 Januarie 2026

18 Januarie 2026

Ons praat met Adriaan Peens-Hough van die SA Radio-astronomie Sterrewag oor ‘n belangrike mylpaal wat by die SKA bereik is.