Skip to content

Taaldinge

Potgooi

Taaldinge

Daar word gekyk word na die dinge wat taal beïnvloed en oor ‘n tydperk van sowat 300 jaar beïnvloed het, die redes hoekom ‘n mens op ‘n bepaalde manier skryf, en uitdrukkings, idiome en verskynsels.

Taaldinge: Die SAAWK se KI-simposium

Taaldinge: Die SAAWK se KI-simposium

Kategorie: Taaldinge2026-10-18

18 Oktober 2026: Die bestuurshoof van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, dr. Annelise de Vries, vertel vir Ina Strydom meer oor van die onderwerpe wat by hulle onlangse simposium oor Kunsmatige Intelligensie bespreek is; en watter voordele en watter risiko’s uitgelig is.

Taaldinge: Die UP se nuwe taalbeleid

Taaldinge: Die UP se nuwe taalbeleid

Kategorie: Taaldinge2026-10-11

11 Oktober 2026: Prof. Elsabe Taljard en dr. Helena Kruger-Roux van die Universiteit van Pretoria vertel vir Ina Strydom meer oor dié Universiteit se nuwe taalbeleid; wat dit behels; waarom dit nodig was; en watter faktore ‘n rol speel by die opstel en inwerkingstelling van ‘n taalbeleid.

Taaldinge: Dinamies Afrikaans; Afrikaanse Taalmonument

Taaldinge: Dinamies Afrikaans; Afrikaanse Taalmonument

Kategorie: Taaldinge2026-10-04

4 Oktober 2026: Die redakteur van Dinamies Afrikaans, ‘n Afrikaans handboek vir die intermediêre fase, Elmarie Lubbe, vertel vir Ina Strydom wat in die boek gedek word; hoe dit benader is en wie dit kan gebruik. Die Kommunikasiehoof van die Afrikaanse Taalmonument, Sybrandus Adema, vertel meer oor van die projekte wat die ATM oor die volgende maande aanbied.

Taaldinge: Taalmisdaad

Taaldinge: Taalmisdaad

Kategorie: Taaldinge2026-09-27

27 September 2026: Prof. Terrence Carney van Unisa vertel vir Ina Strydom wat taalmisdaad is, en hoe taalkundiges kan help om dié tipe taalgedrag te identifiseer. Dit sluit elemente soos intimidasie, aanhitsing en teistering in. Hy verduidelik hoe taalkundiges kan help om aan te toon dat dié gedrag wel die bedoeling van die spreker was.

Taaldinge: UJ-Vertaalprys  – Prof. Wium van Zyl

Taaldinge: UJ-Vertaalprys - Prof. Wium van Zyl

Kategorie: Taaldinge2026-09-20

20 September 2026: Prof. Wium van Zyl is onlangs bekroon met die UJ-Vertaalprys vir sy vertaling van DIE ONGELUKKIGE EN TREURIGE VERHAAL VAN DIE SKIP DIE GOUDEN BUYS 1693 uit die 17de eeuse Nederlands in Afrikaans. Hy vertel vir Ina Strydom waar sy belangstelling in vertaling vandaan kom; watter ander werke hy vertaal het; en waarom vertalings uit die wêreldliteratuur in Afrikaans, noodsaaklik is.

Taaldinge: Taalnavrae

Taaldinge: Taalnavrae

Kategorie: Taaldinge2026-09-13

13 September 2026: Is kleurryk en kleurvol volledige sinonieme; en wat is die verskil tussen visioenêr en visionêr? Dié en ander taalnavrae word deur Alet Cloete en Gerhard van Wyk van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal beantwoord.