Skip to content

Tegnologie met Blaine

Potgooi

Tegnologie met Blaine

'n Weeklikse program waarin die wêreld van tegnologie en die jongste ontwikkelinge - plaaslik en internasionaal - onder die loep kom. Gaste sal inloer om die tendense en produkte te bespreek en luisteraars met wenke en vars nuus te verras.

Tegnologie met Blaine 9 April 2026

Tegnologie met Blaine 9 April 2026

Kategorie: Tegnologie met Blaine2026-04-09

Blaine Jones praat oor tegnologie-data wat deesdae as net so waardevol as olie beskou word. En, ‘n splinternuwe segment word bekendgestel. Digitale spesialis Pierre Jacobs sal elke week ‘n wenke gee oor hoe jy veilig kan wees teen aanlynbedrog en digitale swendelary.

Tegnologie met Blaine 2 April 2026

Tegnologie met Blaine 2 April 2026

Kategorie: Tegnologie met Blaine2026-04-02

Kuberkenner Tony Ambscomb praat oor kunsmatige intelligensie, en watter invloed dit op jou loopbaan en toekoms het.

Tegnologie met Blaine 26 Maart 2026

Tegnologie met Blaine 26 Maart 2026

Kategorie: Tegnologie met Blaine2026-03-26

Met Menseregtedag wat pas verby is, kyk ons na die impak van sosiale media op geestesgesondheid, veral onder jongmense, en die rol van kunsmatige intelligensie in ons samelewing. Onlangse studies en hofsake plaas hierdie kwessies sterk in die kollig. Blaine Jones praat hieroor met die kuberkenner, dr. Marlena Kruger.

Tegnologie met Blaine 19 Maart 2026

Tegnologie met Blaine 19 Maart 2026

Kategorie: Tegnologie met Blaine2026-03-19

Alfred Payne van Integrity 360 praat oor Wêreld Digitale Skoonmaakdag op 21 Maart. Die dag dien as ‘n belangrike herinnering vir organisasies en mense om hulle datastrategieë te herevalueer en oor te skakel na verantwoordelike databestuur.

Tegnologie met Blaine 12 Maart 2026

Tegnologie met Blaine 12 Maart 2026

Kategorie: Tegnologie met Blaine2026-03-12

Suid-Afrika bevind hom midde in ‘n groeiende waterkrisis, wat nie net gemeenskappe raak nie, maar ook die land se ekonomiese ontwikkeling en infrastruktuur onder druk plaas. Tegnologie word toenemend gesien as ’n belangrike hulpmiddel om hierdie krisis aan te pak. Tshidi Mndzebele, bestuurshoof van AvenirHoldings, praat oor hoe innovasie en tegnologie ’n sleutelrol kan speel in die bestuur van die land se waterbronne.

Tegnologie met Blaine 5 Maart 2026

Tegnologie met Blaine 5 Maart 2026

Kategorie: Tegnologie met Blaine2026-03-05

Die bemarkings-koördineerder van ESET Suid Afrika, Daniella Marais, praat oor die gevare van TikTok.