RSG Bekbasaar: Trou is die perdekoop nie - Episode S2/E10
Sy trek Suid-Afrika se grootste sterre aan, maar wie is die vrou agter die fynste kant en couture? In hierdie episode nooi Anel Botha ons agter die skerms van die wêreld van trourokke. Sy deel die kosbare reël wat sy by ’n ou tannie geleer het: “Show what you can and hide what you must.” Vind uit wat die oorspronklike verrassende rede vir strooimeisies en strooijonkers is, hoe om die perfekte ontwerp te kies, en die geheime truuks wat verseker dat jy op jou groot dag beeldskoon lyk én gemaklik voel.





