Skip to content

Wie is ek

Potgooi

Wie is ek

Die program fokus daarop om die man op straat kennis en insig te gee in belangrike sake rakende menslike gedrag.

Wie is ek? 10 April 2026

Wie is ek? 10 April 2026

Kategorie: Wie is ek2026-04-10

Jy dink jy is net “besig”, maar jou brein is dalk oorlaai en afhanklik van konstante stimulasie. Skerms verander nie net hoe jy dink nie, dit verander waaraan jy gewoond raak. Het jy nog die vermoë om stil te wees, of het jou brein dit verloor? Baie van jou keuses in liefde, werk en konflik is eintlik ou patrone uit jou kinderjare wat hulleself herhaal. Ons ontmasker die idee van “ek is net so”, en vra: Hoeveel van jou lewe is werklik ’n keuse, en hoeveel is ’n herhaling?

Wie is ek? 27 Maart 2026

Wie is ek? 27 Maart 2026

Kategorie: Wie is ek2026-03-27

Watter rol speel genetika in geestesgesondheid? Jy voel uitgebrand, maar jy kan nie ophou nie. Jy rus, maar jou kop hardloop. Jy weet jy moet stadiger leef, maar iets in jou jaag jou aan. Wat as die probleem nie dissipline is nie, maar ’n senuweestelsel wat nooit geleer het om af te skakel nie?

Wie is ek? 20 Maart 2026

Wie is ek? 20 Maart 2026

Kategorie: Wie is ek2026-03-20

Die mens se brein hou van rituele. Selfs mense wat sê hulle is nie bygelowig nie, doen dit, soos ’n spesifieke lied voor ’n groot oomblik, dieselfde koffiebeker elke oggend, of ’n stil oomblik by ’n graf. Navorsing wys rituele kan angs verlaag, fokus verbeter en ’n gevoel van beheer skep wanneer die lewe soos chaos voel. Trauma verander die brein, maar die brein kan weer verander. Sielkundiges praat van post-traumatiese groei. Mense kan ná groot verlies of trauma sterker, wyser en selfs meer betekenisvol begin leef.

Wie is ek? 13 Maart 2026

Wie is ek? 13 Maart 2026

Kategorie: Wie is ek2026-03-13

Ons praat oor hoe sosiale media stil-stil jou selfbeeld kan beïnvloed, en hoe jy kan keer dat ander mense se hoogtepunt-oomblikke jou eie lewe minderwaardig laat voel. Sosiale angs gaan nie net oor skaam wees nie. Vir baie mense aktiveer sosiale situasies dieselfde stresreaksie in die brein as ’n werklike bedreiging, met simptome soos hartkloppings, oormatige selfbewustheid en ’n intense vrees om beoordeel te word.

Wie is ek? 6 Maart 2026

Wie is ek? 6 Maart 2026

Kategorie: Wie is ek2026-03-06

Wanneer word selfverbetering selfverwerping? Hoe herken ek die vroeë tekens van depressie?

Wie is ek? 27 Februarie 2026

Wie is ek? 27 Februarie 2026

Kategorie: Wie is ek2026-02-27

Ons ontbloot wat regtig in jou brein aangaan wanneer vrees oorneem, én ontmagtig die mites oor persoonlikheidsversteurings wat mense laat stilbly en skaam voel.