Skip to content

POTGOOISNITTE

34 Jaar sedert witmense ‘ja’ stem vir demokratiese Suid-Afrika

34 Jaar sedert witmense 'ja' stem vir demokratiese Suid-Afrika

Kategorie: Op en Wakker2026-03-25

Dis vandeesmaand presies 34 jaar gelede wat die laaste referendum in Suid-Afrika gehou is. Slegs witmense kon in daardie referendum op 17 Maart 1992 stem. Dit het gegaan om ‘n mandaat vir die destydse president, FW de Klerk, en sy Nasionale Party-regering te gee om voort te gaan om met die ANC te onderhandel vir die oorgang na ‘n demokratiese Suid-Afrika. ‘n Oorweldigende meerderheid van 68,73% van die kiesers destyds, het ‘ja’ gestem. Tot vandag nog woed die debat tussen die sogenaamde ja-stemmers en die nee-stemmers. Ons praat hieroor met Dave Steward, voormalige direkteur-generaal in De Klerk se kantoor en voormalige voorsitter en hoof van die FW de Klerk-stigting, en Jan Bosman, hoofsekretaris van die Afrikanerbond.