Almal en nog wat: The Weather Hooligan
Vir sommige mense is die weer veel meer as net temperature, reën en wind. Dit is ‘n passie, ‘n avontuur en soms selfs ‘n adrenalien-ervaring! Juandré Vorster, beter bekend as The Weather Hooligan, het sy liefde vir weerstelsels, donderstorms en uiterste weerverskynsels in ‘n unieke platform omskep. Hy is ‘n weerentoesias en stormjaer wat deur Suid-Afrika reis om van Moeder Natuur se indrukwekkendste oomblikke vas te vang. Hy bring boonop ‘n goeie skeut humor en persoonlikheid na iets wat ons almal raak, maar waarvan ons dikwels so min verstaan.