Artemis 2-sending suksesvol op pad maan toe
Die Amerikaanse ruimteagentskap (NASA) se Artemis 2-sending, wat vir die eerste keer in 50 jaar mense na die maan toe stuur, is vanoggend, ‘n raps na middernag Suid-Afrikaanse tyd, suksesvol op pad maan toe. Dit nadat die lansering telkens weens tegniese redes uitgestel moes word. Die Artemis-2-sending sal mense die verste nóg die ruimte in stuur, en die sending sal na verwagting tien dae duur. Ons praat hieroor met dr. Ruhann Steyn, ruimtefisikus verbonde aan die Noordwes-Universiteit.
