Dean en Kayle
Kortom is een van RSG se gewildste potgooi-besoekpunte, want ‘n groot verskeidenheid kortverhale word Dindagaande om 22:10 daarin voorgelees. Vannaand stel regisseur Johan Rademan ons voor aan Advokaat Piet van Wyk wat in sy bundel, TUSSEN TWEE VURE, sy verskeurdheid as ‘n jong bruin polisieman in ‘n veranderende Suid-Afrika weergee. Die voorleser en bekroonde akteur, Dean Balie, se ouers was beide in die Suid-Afrikaanse Polisiediens. Ons hoor ook van ‘n matrikulant en Proscenium Drama-wenner, Kayle Farmer van Alexanderbaai, hoe dit voel om die ateljee met Dean Balie te deel.
