Die baas se Bugatti kry voete
Die bestuurshoof van Bugatti los altyd sy sleutels in sy kar. Hy ry ‘n R45 miljoen Bugatti Chiron. Toe dit gesteel is, het hy in ‘n Porsche 911 gespring en agter sy kar aangejaag. Op die ou end het hy, nadat die dief in Oostenryk vasgekeer is, vir hom ‘n saamrygeleentheid huistoe aangebied.
