Skip to content

POTGOOISNITTE

Geloof tot aksie 1 Desember 2024

Geloof tot aksie 1 Desember 2024

Kategorie: Geloof to aksie2024-12-01

In die Suid-Afrikaanse konteks is lewensomstandighede dikwels so desperaat dat die tyd vir praat alleen verby is. Dit is nou ‘n tyd waarin ons sien dat mense hulle geloof omsit in planne wat aksies word wat gemeenskappe ‘n beter plek kan maak. Lenox Plaatjies en Stokkies Hanekom praat oor van grondhervorming en PALS, wat staan vir Partners in Agri Land Solutions, ‘n privaatsektor-inisiatief deur boere in samewerking met die gemeenskap.