Hoe gaan dit met jou kind? 10 April 2026
Pediatriese pulmonoloog dr. Delano Rhoode gee raad oor kinderkwale. Hy praat oor ’n vierjarige wat al dae lank griepsimptome het; ‘n kind van twee wat kort-kort wit kolletjies in haar mond kry; ‘n eenjarige wat elke keer maagpyn kry nadat sy melk gedrink het; en twee seuns an agt en tien wie se neuse die heeltyd toe is.
