Skip to content

POTGOOISNITTE

Jack Carstens se Salem-tuine

Jack Carstens se Salem-tuine

Kategorie: Driesestig2026-10-29

Baie mense stel belang in die argeologiese en plekspesifieke verwysings in die Bybel. Jack Carstens was lank gelede die Suid-Afrikaanse handelsattaché in Israel. Die omgewing het ‘n blywende indruk op hom gelaat, en nou jare later het hy replikas van bekende verwysings in die Salem-tuin op die Rheebokskloofpad by Windmeul in die Paarl gedupliseer. Jy moet gaan kyk, want jy sal jou oë nie glo nie. Johan Rademan het met Jack gesels.