Skip to content

POTGOOISNITTE

Kuns met kontant: Fanie Cronjé

Kuns met kontant: Fanie Cronjé

Kategorie: Spitstyd2026-08-05

Wat maak dat jy by ‘n huis instap en dadelik tuis voel? Waarom trek een restaurant, hotel of koffiewinkel jou onmiddellik aan, terwyl ‘n ander jou koud laat? Is dit bloot mooi meubels en duur dekor, of lê die geheim veel dieper? Henco Kruger gesels met een van Suid-Afrika se bekendste stylkenners, Fanie Cronjé. Vir dekades lank het hy agter die skerms van ikoniese SARIE-voorblaaie gewerk, bekende Suid-Afrikaners gestileer en gewone ruimtes in buitengewone ruimtes omskep. Maar vandag gaan dit nie net oor mooi nie. Ons praat oor die waarde van ontwerp, die sielkunde van styl, hoe goeie smaak waarde kan skep, en waarom die regte atmosfeer soms die beste belegging is wat jy kan maak.