Leeuwenhart Akademie bring gesinne en hoop terug na Heidelberg
Op Heidelberg in die Wes-Kaap probeer ’n nuwe Afrikaanse skool hoop terugbring na ’n dorp, wat die afgelope paar jaar gesinne aan buurdorpe verloor het. Die Leeuwenhart Akademie koppel onderwys aan die plaaslike landbougemeenskap in ’n poging om gemeenskapslewe en die dorp se identiteit te herstel. Dit is ’n verhaal van doeners en verskilmakers wat wys hoe een hoop kan laat herleef. Ons praat met Jacqui Prins, ’n direkteur by die Leeuwenhart Akademie en een van die drie mammas wat die skool gestig het.
