Skip to content

POTGOOISNITTE

Legendariese Abdullah Ibrahim hou konsert op 91

Legendariese Abdullah Ibrahim hou konsert op 91

Kategorie: Op en Wakker2026-04-01

Die 91-jarige legende, die jazz-pianis Abdullah Ibrahim, het verlede naweek die gehoor by die Kaapstad Internasionale Jazzfees op hulle voete gehad met ‘n sonderlinge vertoning. Ondanks sy ouderdom en die feit dat hy uit sy rolstoel tot op die klavierstoel gehelp moes word, het hy weer eens gewys van watter stoffasie hy gemaak is. Ibrahim, wat deesdae in Duitsland woon, word internasionaal gereken as een van die beste jazzmusikante. Hy was ook ‘n groot anti-apartheidsaktivis. Om oor Ibrahim te praat, kuier die voormalige deken van Sint George’s Katedraal, Michael Weeder, saam met ons. Michael ken Ibrahim al dekades lank.