Skip to content

POTGOOISNITTE

Nuwe reëls oor swanger leerders

Nuwe reëls oor swanger leerders

Kategorie: Op en Wakker2026-04-06

Die Departement van Basiese Onderwys het konsepregulasies bekendgemaak om diskriminasie teen leerders, wat swanger raak, te verhoed en om ná die geboorte van hulle babas, die leerders weer by die skool te kry. In Suid-Afrika skenk daar elke dag van die jaar, gemiddeld 365 tienerma’s geboorte. Sowat tien meisies per dag wat geboorte skenk, is tussen 10 en 16 jaar oud. Ons praat hieroor met die adjunkbestuurshoof van die skoolbeheerliggaam-oganisasie, Fedsas, dr. Juané van der Merwe Mocke.