Skip to content

POTGOOISNITTE

Ouma Sue se demensie-reis

Ouma Sue se demensie-reis

Kategorie: Driesestig2026-09-24

Innes en Greta Benadé stap die pad saam met ‘n geliefde wat aan demensie ly. Hulle versorg al jare lank hulle moeder, Sue, wat met demensie leef. Uit eie pyn en liefde, het hulle harte gegroei vir families op dieselfde reis. Innes dien ook as gekoöpteerde lid van die Demensie en Alzheimersverening (ADASA), wat fokus op die bewusmaking, opvoeding en ondersteuning van mense, familie en versorgers wat met demensie en Alzheimer se siekte leef. Haidee Muller-Isaacs het met Innes en Gerta oor dié roerende reis gesels.