Rand en sent: Ekonomiese impak van AGOA-besluit
8 November 2026: Die Suid-Afrikaanse regering is amptelik in kennis gestel van die VSA se voorneme om Suid-Afrika en Rwanda vanaf 1 Januarie 2027 van die handelsvoordele ingevolge die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika (AGOA) uit te sluit. Die program het voorkeurtoegang tot Amerikaanse markte gebied vir sleutelbedrywe in Suid-Afrika – spesifiek landbou en die motor- en die vervaardingsbedryf. Die VSA sê Suid-Afrika volg praktyke en beleid wat nie in ooreenstemming met AGOA se toelatingskriteria is nie. Die Amerikaanse regering het verwys na struikelblokke soos handels- en beleggingshindernisse, korrupsie en bedreigings vir Amerikaanse veiligheid. Jody Hendicks praat met ekonoom Johan Els oor die ekonomiese impak wat dié belsuit op die ekonomie kan hê.
