RSG Bekbasaar: Agter Die Tunes - Afrikaans se rapkoning, Early B
S1E17: Early B het die musiekbedryf betree toe rap nie ‘n gewilde genre was nie. Spring na 2026, en dit is onwaarskynlik dat enige groot musiekfees sonder Early B sal voortgaan. Hy al met van die grootste name in die bedryf gewerk, soos Francois van Coke, Janie Bay, Die Heuwels Fantasties en Jack Parow. Barrie Ferreira gesels met Early B oor hoe hy begin het deur sy liedjies gratis te Bluetooth aan konsertgangers, tot waar hy vandag oorsee optree. Hy word ook op die proef gestel met ‘n onverwagse rap-uitdaging…
