RSG Bekbasaar: Agter die Tunes - Episode 9 (Kunsmatige intelligensie)
Een van die grootste gesprekke in die musiekbedryf tans is die gebruik van kunsmatige intelligensie – van die skryf van lirieke tot wie die krediet moet kry vir die skep van die liedjie. Is dit ‘n tydelike verskynsel wat sal oorwaai, of is dit iets waaroor kunstenaars bekommerd behoort te wees? Barrie Ferreira praat met liedjieskrywer Georic Loumas en Paulo Azevedo van Colseke Artists die goed, kwaad en lelike van KI in die musiekbedryf.
