RSG Bekbasaar: Agter die Tunes - Liefde by die Dam
S1E16: Liefde by die Dam is een van die Suid-Afrika se mees gewilde musiekkonserte. Kaartjies word binne enkele ure uitverkoop. Hoe het alles begin, en hoe word so ‘n groot konsert gereël? Barrie Ferreira praat met Pierre Greeff, die hoofsanger van Die Heuwels Fantasties en ’n mede-eienaars van Liefde by die Dam. Pierre deel sy ervaring as iemand wat nie net deel is van die fees se reëlings nie, maar ook as sanger.
